Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Vertaler deur Franse regering tot ridder geslaan

Die vertaler en akademikus Prof. Naòmi Morgan is pas deur die Franse Ministerie van Kuns en Kultuur die rang van Ridder toegeken in die Orde van Lettere en Kuns (Chevalier de l’Ordre des Arts et des Lettres).

Sy is vereer vir haar bydrae tot die bevordering van kuns en letterkunde deur haar vertalings van Frans na Afrikaans. Morgan is veral bekend vir haar vertaling van die novelle Oskar en die pienk tannie deur die Belgiese skrywer Eric-Emmanuel Schmitt wat in 2012 by Human & Rousseau verskyn het. Die verhoogproduksie – ook vertaal deur Morgan en met Sandra Prinsloo in die hoofrol – het verskeie toekennings ontvang. Hiervoor is Morgan onder meer aangewys as die Beste Vrystaatse Kunstenaar. Morgan se jongste vertaling, Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran (Monsieur Ibrahim et les fleurs du Koran), ook deur Schmitt; uitgegee deur Human & Rousseau in 2014, het oorspronklik in 2001 verskyn en is later in ’n rolprent omskep.

Met hierdie toekenning volg Morgan in die voetspore van Suid-Afrikaners soos Johnny Clegg, William Kentridge en Ramadan Suleman. Slegs 200 ordes word jaarliks toegeken. Die twee hoër ordes – Ordre des Arts et des Lettres: Officier (offisier) en Commandeur (bevelvoerder) – word onderskeidelik aan slegs 60 en 20 mense toegeken. Morgan is verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat waar sy die hoof van Frans in die Department Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans is.

Sy beskryf hierdie toekenning as die “grootste geskenk wat enige iemand nog ooit vir haar gegee het”. Sy sê dat die kuns en vakmanskap van vertaling haar baie na aan die hart lê en dat hierdie toekenning ook as aansporing dien vir taalstudente wat twyfel oor vertaling as ‘n loopbaan.

Die hospitaal is rêrig ’n lekker plek. Hier is baie grootmense wat vriendelik is en hard praat, hier is sakke vol speelgoed en baie pienk tannies wat met die kinders wil speel, en hier is altyd pelle, soos Braaivleis, Einstein of Kaboemielie. Maar eintlik is die hospitaal net ’n wonderlike plek as jy ’n pasiënt is wat mense se harte bly maak. Ek is nie meer een nie. Ek weet, want vandat ek my beenmurgoorplanting gehad het, dink mense nie meer ek is oulik nie ─ Oskar.

Oskar is tien jaar oud, maar hy lyk soos sewe. Hy het nie meer lank om te lewe nie, maar hoe hy deur hierdie laaste twaalf dae kom en vrede maak met die dood, sy ouers en met God, kan net ouma Rosa, die Wurger van Welkom, bewerkstellig, en nie sonder die nodige snaakse humor nie.

’n Storie van vriendskap en aanvaarding

Oskar het sy eie wiegelied wat deur Herman van den Bergh geskryf is en deur hom gesing word.

Interessant:

Verwerk in verhoogdramas wêreldwyd. Roman is in verskeie wêreldtale vertaal. Plaaslike verhoogdrama ontvang staande ovasie en ekstra speelvakke. Hele teater in trane. Sandra Prinsloo is hoofrol is briljant.

•Volgende opvoering is by Aardklop. Daarna opvoering na Pretoria, Woordfees en KKNK.

•Naòmi Morgan ontvang twee toekennings tydens die onlangse Vryfees in Bloemfontein vir die verwerking en vertaling van Oscar et la dame rose.

Koop die eBoek hier!

So lank as wat almal in Rue Bleue en in Rue du Faubourg-Poissonnière kon onthou, was monsieur Ibrahim maar altyd in sy kruidenierswinkel, van agtuur soggens tot laat in die nag, half vooroor gebuig tussen die kasregister en die skoonmaakmiddels, met een been in die paadjie en die ander een onder dose vuurhoutjies, met ’n wit hemp onder sy grys oorjas, ivoorkleurige tande onder ’n stomp snorretjie, oë soos groen en kastaiingbruin pistasieneute wat ligter as sy bruin vel vol wysheidsvlekke was.

 

Want die algemene opinie was dat monsieur Ibrahim ’n wyse man was. Seker omdat hy vir ten minste veertig jaar al ’n Arabiese kruidenier in ’n Joodse straat was. Seker omdat hy baie geglimlag en min gepraat het. Seker omdat dit gelyk het asof hy nie deel van die gewone sterflinge, en veral die Paryse sterflinge, se gejaag was nie.

 

Dié storie wat afspeel in 1960 in Parys, wentel om Momo, ‘n seun wat alleen saam met sy pa in die besige Rue Bleu-distrik woon. Gebroke oor die skeiding van sy vrou en ander seun, verwaarloos Momo se pa sy seun tot die punt waar die tiener die meeste van sy tyd alleen en geïsoleerd deurbring. Hy vind ‘n onwaarskynlike bondgenoot in monsieur Ibrahim, ‘n Moslem winkelier wat die meeste van sy dae spandeer agter die toonbank van sy winkel waar hy die Koran lees. Mettertyd laat Momo en Ibrahim mekaar elkeen uit sy onderskeie dop kruip en saam ervaar hulle verskeie alledaagse avonture wat nie net vir Momo waardevolle lesse oor liefde, geloof, familie en vriendskap leer nie, maar hom uiteindelik ook ‘n toekoms wys wat die moeite werd is om na te streef.

Kenmerkend van Eric-Emmanuel Schmitt, skrywer van die suksevolle Oskar en die pienk tannie, is dit ’n grensverskuiwende verhaal vol humor, wysheid en deernis.

Interessant:

•Verwerk in verhoogdramas wêreldwyd. Roman is in verskeie wêreldtale vertaal.

•Sandra Prinsloo beplan weer ’n verhoogstuk

•Naòmi Morgan ontvang twee toekennings in 2012 tydens die Vryfees in Bloemfontein vir die verwerking en vertaling van Oscar et la dame rose.

Koop die eBoek!

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment