Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Steve Hofmeyr – Die Verste Uur internationaal beskikbaar as Afrikaanse eBoek

Verste uur Afrikaanse eboek

Verste uur Afrikaanse eBoek

Dana Snyman skryf die volgende oor Steve Hofmeyer se nuutste Afrikaanse eBoek:

Kom ons wees maar eerlik: Steve het baie mense – veral die met literêre pretensies – verras met sy vorige boek. Hierdie een gaan weer ’n klomp mense verbaas. Mense wat dink Steve weet net van vrot pampoene en stukkende skoene, maak ’n fout. Om dié boek vas te pen, is nog moeiliker om vas te pen as vir Steve. Noem dit dalk sommer Back to the Future in Pretoria. Jamie van der Merwe, ’n fisikastudent, maak kennis met die nagelate dokumente van dr. Arnold du Plessis, ’n wetenskaplike. Dit word onder meer ’n soort besinning oor die aard van tyd en die werklikheid, en ’n jong man se soeke na sin in die lewe. Dit word ook bietjie van ’n satire wanneer Jamie hom in ’n fantasmogoriese Pretoria bevind, tussen hede en verlede. Hierdie boek het my lus gemaak om saam met Steve ’n burger by die ou Lollipop Road House in Kerkstraat te gaan eet en te luister wat hy oor Phytagoras te sê het. Steve dink oor dinge waaroor baie mense nie dink hy dink nie.

Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ekstra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupa­grootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere verpletter die Kakies in ’n onverwagte veldslag. Brittanje onttrek en … kaplaks … jy’s terug in 2011. In Pretoria. Akasiastad (jakarandas was ’n Britse konsessie!). Beatrixstraat is daar, maar Hamilton se naam is nou Ignatius Ferreira. Dis nog niks. Die meisie van jou drome, wat jou in jou voormalige heelal ignoreer, is smoorverlief op jou in hierdie heelal, waar jou nuwe meisie ’n nimfomaan is! Jy het een uur en een kans om terug te gaan. Vraag is: sou jy?
In sy spanningsvolle nuwe boek maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis. Hy roer plek-plek omstrede kwessies aan, maar soos in al sy werke word die leser gekonfronteer met verrykende vrae oor die liefde, oor keuses, oor wie ons is en waar ons inpas. Vintage Hofmeyr.

Koop die Afrikaanse eBoek kliek HIER!

Steve Hofmeyr – Die Verste Uur: beslis die lees werd! « The Life and Times of Mr T.

Afbeelding

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment