Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Versoening of Vervreemding

Nasleep Afrikaanse eBoek

Nasleep Afrikaanse eBoek

Afrikaanse eBoek oor die verwydering van ‘n Afrikaanse midddeljarige

Wat bly vir my oor? Ek is te oud om heeltemal onskuldig te wees. Ek is te jonk om ten volle aandadig te wees. Ek is te onskuldig om verskonings te versin. Ek is te skuldig om my hande te was, Chris Louw

Nasleep deur Carel van der Merwe is nou as Afrikaanse eBoek beskikbaar. Die drama speel af teen die agtergrond van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Die protagonis, Paul du Toit, is ‘n oud-lid van die vorige regering se spesiale magte wat destyds, in die tagtigerjare aandadig geword het aan die wreedhede van apartheid. Hy is skuldig aan die dood van sy beste vriend, Andre, wat in ‘n kleefmynontploffing georganiseer deur die veiligheidspolisie omkom het. In die Nuwe Suid-Afrika word Paul effektehandelaar, maar die verlede haal hom in. Hy moet aansoek om amnestie doen, verloor sy werk en sy vrou. Kliek hier om ‘n resensie telees van Pawel Zajas.

Sy misdade was vir die nasie, het hy by die verhoor betoog. Maar daardie volk stel nie meer belang nie. Paul du Toit word weggeruk uit sy leefruimtes van huwelik en werk om voor die Waarheids- en Versoeningskommissie te verskyn. Hy kom anderkant uit in ’n land wat nie meer vir hom plek het nie. As lid van die Spesiale Magte in die jare tagtig was hy deel van’n ‘projek’ waarin twee burgerlikes gesterf het. Daarvoor moet hy nou om amnestie aansoek doen, en dit bring hom te staan voorvrae oor sy versluierde verlede. Nasleep speel hom rondom die millenniumwending af in Suid-Afrika en Londen, waar Paul kennis maak met ander Suid-Afrikaners in die diaspora. Ankerloos in dié afsydige stad en opsoek na sy vrou wat hom verlaat het, vertoon Paul twee kante vansy persoonlikheid: die een dodelik, die ander kwesbaar.En algaande, deur transkripsies van Paul se WVK-sittings, ontbloothierdie ontroerende roman die gesplete aard van een man segeskiedenis – ’n gewone mens meegesleur deur ’n oorheersendeboosheid.

Pawel Zajas skryf die volgende oor die romam: Carel van der Merwe se Nasleep is ‘n debuutroman wat geen goeie vervolg belowe nie. ‘n Lekker verhaal vir onderweg, veral as ‘n mens van pessimistiese tekste hou. Dis egter nie die bedoeling van die outeur nie. Die agterplatteks praat van ‘n storie oor “‘n gewone mens wat meegesleur word deur ‘n oorheersende boosheid”. Sterk metafisiese woorde wat miskien eerder meer van die uitgewer as van die skrywer self kom. Maar in die begin word ook die Franse historikus Fernand Braudelaangehaal: “In every period a certain view of the world, a collective mentality dominates the whole mass of society […]”. Van der Merwe se ambisie was dus om ‘n indiwidu binne die denkklimaat van sy tyd te ontleed, om te wys hoe huislike omstandighede en ander rolmodelle ons beinvloed.

Nasleep Afrikaanse eBoek

Nasleep Afrikaanse eBoek

‘n Psigiater skryf in ‘n brief aan Beeld ‘n groot gros van my generasie ly aan geestelike uitputting en tamheid. “In baie gevalle neem dit die proporsie van psigiatriese siektes soos depressie, posttraumatiese stres-versteurings en ander angsversteurings aan . . . ‘n algemene rou-reaksie, ‘n verliessindroom en ‘n eksistensiële krisis.” Chris Louw

Dr ST Potgieter het die volgende insiggewende gedagtes oor versoening:

Versoening is soms baie moeilik. Is dit altyd moontlik? Versoening is sekerlik nie altyd moontlik nie – veral wanneer een van die partye onwillig is. Ek herinner my aan die Amy Biehl geval. Amy Biehl was ‘n Amerikaanse student wat in Suid-Afrika kom werk het. Haar doel was juis om versoening tussen rassegroepe te help herstel. Op 25 Augsutus 1993 het Amy drie swart kollegas na hul huis in die Guguletho Township in Kaapstad geneem. ‘n Groep swart jeugdiges het egter die motor voorgekeer, tot stilstand gedwing, en Amy is uit die motor gedwing en vermoor. Dit was ‘n voorval wat wêreldwyd opslae gemaak het. Tydens die Waarheids- en Versoenings Kommissie se werksaamhede het die moordenaars aansoek gedoen om amnestie. Amy se ouers het na Suid-Afrika gekom vir die verhoor. Tydens die verhoor het haar pa onder andere gesê: “At the same time we say to you it’s your process, not ours. We cannot, therefore, oppose amnesty if it is granted on the merits. In the truest sense it is for the community of South Africa to forgive its own and this has its basis in traditions of ubuntu and other principles of human dignity. Amnesty is not clearly for Linda and Peter Biehl to grant… the most important vehicle of reconciliation is open and honest dialogue… we are here to reconcile a human life which was taken without an opportunity for dialogue. When we are finished with this process we must move forward with linked arms.” In 1998 is amnestie aan die vier moordenaars verleen en is hulle uit die tronk vrygelaat. Die Biehl ouerpaar het die uitspraak ondersteun en hande met die moordenaars geskud met hul vrylating.

Image(s): FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment