Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Valsrivier deur Dominique Botha – Steve Hofmeyr | LitNet

Koop Valsrevier hier!

Die geur van wit skuld.

“Ek glo vas dat geen behoorlike storie ooit vertel kan word sonder ʼn politieke dimensie nie,” seg André P Brink in sy ʼn Vurk in die pad. En dis die vraag wat ek myself deurentyd vra. Wat maak hierdie boek so goed ondanks die “geur” en hoekom het ek dit klaar gelees?
http://myafrikaans.com/vurk-in-die-pad.html

 

Valsrivier is ‘n semioutobiografiese Bildungsroman wat wegtrek met die onsamehangende staccato-gedagtes van babbelende kinders en dan soek na rasionele gevolgtrekkings – ironies iets waarmee volwassenes bra traag is. Is dit endemies van die Afrikaner se mees onskuldige stories dat die gevoel van onheil heeltyd onderlangs broei? En jy weet dit en jy wag daarvoor. Soms vir niks. Dan oorval dit jou weer uit onwaarskynlike hoekies.

Daar is min kritiek op hierdie meesterwerk. Miskien is ek net ondergekwalifiseer om dit raak te sien. Dis maar ‘n liberale verhaal oor welgestelde, liberale Afrikaners wat ander Afrikaners blameer vir alles behalwe hul eie rykdom. Met kinders wat dit vreemd vind dat iemand Rhodesië “Zimbabwe” sou noem in die laat ’80’s. Hieroor weet ek darem nie. Maar jy het die witskuldstorie tot die dood toe al gelees, en jy weet daar is geen pryse vir jou buite daardie linkslêery nie, dog hierdie keer word dit in die mooiste, mooiste taal gedoen. Ek vermoed ‘n aanhalingsdrukfout op bl 83 … of ‘n “Ek” wat ‘n “Jy” moes gewees het, maar elke skrywer se oeuvre lewer seker so ’n blinde kolletjie of wat op.

Valsrivier sal pryse wen vir sy tapisserie van mooi. Dit móét (wil mens hoop). Baie lesers sal ‘n toergids vir ure deur ‘n enkele spens met rakke en rakke anysbeskuit, waatlemoenkonfyt en kaneelsuiker volg. Baie sal dit seker minder boeiend vind, maar ek salueer hierdie waardige Afrikaanse prysstroper.

 

 

via Valsrivier deur Dominique Botha – Steve Hofmeyr | LitNet.

Publiseer jou eie eBoek

Publiseer jou eie eBoek

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment