Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Uittreksel: Seisoen van vervulling | Alta Cloete

Afrikaanse eBoek

 

Kliek hier Seisoen van vergifnis te bekom!

Sy het tog weer ingedommel, want toe hy kom groet, is sy vaag en verward.“Dankie, Emmie, jy sal nooit weet wat jy vannag vir my gedoen het nie.”Te gou is hy weg, die voordeur se klik skielik hard in die stilte wat soos ys om haar vou. Dis te vinnig, sy kan hom nie só laat gaan nie. Sy vlieg lomp en deurmekaar orent, vou die duvet beskermend om haar lyf, struikel oor die punt en stamp amper haar laptop van die eetkamertafel af. Vir ’n lang oomblik sukkel sy met die sleutel van die balkondeur, en gil amper hardop toe haar kaal voete die sneeu op die balkon tref.Daar onder skraap Ben nie die sneeu van sy motor af soos sy verwag het nie. Onder haar trek ’n taxi haastig weg, verdwyn die rooi agterliggies om die draai voor sy haar asem kan terugkry. Ben se silwer Volvo staan onaangeraak onder sy sneeukombers, omtrent net die registrasienommer is sigbaar: VF75038. Die diep koue swiep van haar voete af op tot binne-in haar hart. Verward strompel sy binnetoe, gaan sit bibberend die ketel aan, die duvet slepend oor die houtvloer agter haar aan. Die ketel is nie warm nie.Iets vreemds is hier aan die gang. Ek moet ry, het hy gesê. Maar gery het hy beslis nie, daar onder staan sy motor lewensgroot en yskoud. Hoekom ’n taxi vat as jy jou eie motor het? En hy was so haastig om weg te kom dat hy nie eens koffie gedrink het nie.Sy staan en staar die onskuldige ketel verstom aan. Wat gaan hier aan? Toe die water kook, maak sy die koffie ekstra sterk en ekstra soet. Toe sak sy met die verspotte Blou Bul-beker op die rusbank neer en trek haar voete ook onder die duvet in. Die koffie brand die nag se loomheid uit haar lyf en uit haar siel. Stadig raak sy baie, baie kwaad. Amper smyt sy die beker teen die muur van pure frustrasie. Sy wat in haar lewe nog nie iets uit woede gebreek het nie.

via Uittreksel: Seisoen van vervulling | Alta Cloete.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment