Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Tolbos – historiese roman met 'n gelukkige einde – Carla van der Spuy | #eBoeke

http://myafrikaans.com/tolbos.html

http://myafrikaans.com/tolbos.html

Koop die eBoek hier!

Die gewilde skrywer Irma Joubert gesels met Carla van der Spuy  in Litnet oor haar jongste boek, Tolbos.

Jy beskryf Tolbos, wat tussen Junie 1976 en die einde van 1989 afspeel, as ’n historiese roman. Die verhaal vind dan ook plaas in ’n era waartydens die hoofkarakter, Katrien Neethling, as tienjarige in Suid-Afrika oor die radio hoor hoe die polisie op betogende skoolkinders in Soweto skiet. Dit is ook die tydperk van verpligte diensplig, die noodtoestand en perssensuur, Vrye Weekblad, Afrikaner-jongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk, die literatuur van daardie jare soos Die swerfjare van Poppie Nongena, en die alternatiewe musiekgroepe en die Voëlvry-konserttoer.

In dieselfde tydperk word die 15-jarige Wladek Kowalski deel van die betoging teen die kommunisme. Sowel die val van apartheid in Suid-Afrika as die val van kommunisme in Pole vorm die politieke agtergrond van hierdie roman.

Hoekom het jy op hierdie tydperk besluit? Jy moes in daardie jare self nog jonk gewees het. Het die gebeure destyds al ’n indruk op jou gemaak?

Nee, jonk was ek nie – ek was toe die ma van drie tienerseuns wat die boodskap van die Voëlvry-beweging baie beter verstaan het as ek. Dis juis wat my geïnteresseer het: die feit dat ek van die musiek lasterlik gevind het teen die hele samelewing, insluitend die kerk, terwyl my seuns en hulle vriende dit bevrydend gevind het.

En dan was die wonderlike parallel tussen Pole met die val van kommunisme en Suid-Afrika met die val van apartheid vir ’n geskiedenis-liefhebber soos ek net te heerlik om nie te vertel nie. Kyk net wat gebeur reg aan die begin van die boek:

Op 16 Junie 1976 vind die opstande in Soweto plaas. Dit begin as ’n vreedsame optog deur die strate, maar wanneer massahisterie intree, eindig dit in ’n bloedbad. Hierdie opstand sien ek as die begin van die aftakeling van apartheid.

’n Week later, op 25 Junie 1976, kom die arbeiders in Pole in opstand teen die kommunistiese stelsel. Ook dit begin as ’n vreedsame optog, maar massahisterie tree in en dit eindig in ’n bloedbad. Hierdie opstand sien ek as die begin van die val van kommunisme.

En reg aan die einde van die boek, 13 jaar later:

Op 9 November 1989 reik die Oos-Duitse regering ’n verklaring uit dat alle grense tussen Oos- en Wes-Duitsland oopgestel word. Gedurende die nag begin mense van weerskante die Berlynse Muur dit afbreek; met hamers en beitels breek hulle stukkie vir stukkie weg, word die simbool van kommunistiese oorheersing brok-brok weggedra – die sigbare val van kommunisme.

Enkele weke later, op 2 Februarie 1990, reik die Suid-Afrikaanse regering onder FW de Klerk ’n verklaring uit dat die ANC ontban en Nelson Mandela vrygelaat word. Op 11 Februarie stap Mandela ná 27 jaar uit die tronk uit en in die straat in – ’n vry man vir almal om te sien.

Die twee hoofkarakters bevind hulle in twee heeltemal verskillende wêrelde. Hul taal, kultuur en leefwyse kan nie meer verskil nie. Katrien kom uit ’n bevoorregte Afrikaanse agtergrond en vir Wladek is daar geen weelde nie. Katrien-hulle reis per motor en eet lekker boerekos. Wladek se gesin ry trein en hulle eet beetsop. Tog is daar raakpunte tussen die twee karakters. Beide is vurig en beginselvas, maar stroom-op, en raak by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings betrokke en hul name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande. Wladek is “tot oor sy ore betrokke by ’n ondergrondse weerstandsbeweging wat ’n supermoondheid ondergrawe” en Katrien sê in ’n stadium: “Ek is klaar met enigiets wat van die Afrikaners is. Ek stem nie saam met hulle politiek of godsdiens of lewensbeskouings nie.”

via Tolbos – historiese roman met ‘n gelukkige einde – Carla van der Spuy | LitNet.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment