Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Tolbos, die langverwagte derde boek in Irma Joubert se trilogie, verskyn binnekort

http://myafrikaans.com/ver-wink-die-suiderkruis.html

Sy is ryk John Woodroffe se dogter, Bernard Neethling ’n myner in een van haar pa se myne. Dalk nog een van die armblankes wat Kate ondersoek. Hulle leef in twee wêrelde, sonder ’n brug vir hul liefde.

Tolbos is die derde boek in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, enTussen stasies, die tweede boek. Ver wink die Suiderkruis en stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om ’n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir ’n nuwe generasie lesers.

Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week in Pole word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen stasies, deel van ’n betoging teen Kommunisme.

Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met die val van Apartheid in Suid-Afrika en die val van Kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Beide karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande.

Bekende aspekte uit die tagtigerjare gee verdere geur aan die verhaal: verpligte diensplig, die noodtoestand en perssensuur, die Vrye Weekblad, Afrikaner jongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk, die literatuur van die daardie jare: Die swerfjare van Poppie Nongena, Kanna hy kô hystoe, ’n Droë wit seisoen; en veral die alternatiewe Afrikaanse musiekgroepe en die Voëlvry-konserttoer.

Bo en behalwe die musikante wat deelneem aan die Alternatiewe Afrikaanse Beweging, ontmoet die leser ook bekende karakters soos Helen Zille, ’n jong joernalis by die Rand Daily Mail, en die enigmatiese Max du Preez in die deurmekaar kantore van die Vrye Weekblad.

Irma Joubert skryf oor mense. Haar romans lees so lekker, want hulle word deur die karakters gedryf. Joubert se lesers sal dit dus nie vreemd vind dat Katrien en Wladek mekaar vind in hierdie omstuimige tye nie. Dit is onafwendbaar dat hierdie twee karakters aangetrokke tot mekaar sal wees, hoewel hulle uit twee wêrelde, twee taalgoepe en verskillende kulture en godsdienste kom. Die gedeelde passie is hulle vurige betrokkenheid by ’n rewolusie teen die bestaande orde. Die einde moet ’n triomf vir die mens se binneste wees, anders is dit nie ’n Irma Joubert-teks nie.

via Tolbos, die langverwagte derde boek in Irma Joubert se trilogie, verskyn binnekort | LAPA Uitgewers.

Kliek HIER om die eBoek te koop!

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment