Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

SWAARKRY – MET WATTER DOEL? #eBoeke

Afrikaanse eBoek
Uittreksel uit LEERSKOOL VAN DIE LEWE (In die “Skool vir Gehardheid”)

Memoires van ‘n depressiestryder deur Cheryl Jonker

Waarom?! Na ’n emosionele en fisiese uitbranding, het ek hierdie woordjie skynbaar holrug gery. My laslappiegedagtes het ‘n geheelbeeld probeer vorm van dít wat aanleiding gegee het tot hierdie feitlik onhanteerbare krisis in my lewe. Daar was uiterlike faktore: fisiese oorwerk, ‘n te gejaagde lewe, ‘n finansiële riempiesny-proses, asook gediagnoseerde kanker by twee familielede. Innerlik het ek gestry teen ‘n natuurlike geneigdheid tot spanning, wat op die spits gedryf word weens ‘n temperament wat tot perfeksionisme neig. Ek had ook ‘n swak selfbeeld en ‘n toenemende vervreem-ding het tussen my en my gewese man begin inwurm. En altyd op die agtergrond as gevolg van my trauma as jongmeise, die angs, depressie en haatlike pille.

My ineenstorting was progressief oor ‘n tydperk van sowat twee jaar en die klimaks is gekenmerk deur ‘n gaan-lê proses. Letterlik en figuurlik het ek gaan lê, met aanvanklik geen motivering om ooit weer op te staan nie. Waarom juis nou, in die bloeityd van my lewe en met ‘n belowende beroep? Ek wil nie voorgee dat ek ‘n antwoord op al my vrae gekry het nie, maar vier moontlikhede het stof tot nadenke tot gevolg gehad:

Job:

Die verhaal van die Bybelkarakter Job, is by baie bekend. As Christin kon ek minstens twee lesse uit sy traumatiese ondervinding leer. Miskien het Satan vir God ook in my geval beskuldig, net sy nuanse was anders: “Sy kry al van kindsbeen af swaar. Dien sy U nie bloot om te verhoed dat sy nog swaarder kry nie? Laat my toe om haar nog meer te treiter en sy sal uiteindelik haar rug op U draai”. Moontlik het God die uitdaging van Satan aanvaar. Here, deur U genade sal ek, na amper 30 jaar saam met U, nie nou tou opgooi nie! Saam sal ons aan Satan bewys dat ek U dien bloot omdat ek U lief het – so eenvoudig is dit.

Wanneer ek dink aan Job se stortvloed vrae en God se antwoorde aan hom, leer ek nog ‘n les. Verstaan ek iets van God se magtige skeppingsdade: hoe Hy die dierewêreld regeer, elke planeet in sy baan hou? As Hy al my waaroms moes beantwoord, sou ek dit kon verstaan? Nee, ek is te kortsigtig. Ek sal wag totdat my gedegenereerde brein eendag herstel is na sy oorspronklike, ongevalle staat. Soos Job, bekeer ek my in sak en as omdat ek sulke dom-astrante vrae aan ‘n alwyse God vra. In die tussentyd moet ek swaarkry te wagte wees, omdat ek, as kind van God, nog in vyandsland woonagtig is. Hierdie tyde-like swaar is niks in vergelyking met die ewige heerlikheid wat op Sy kinders wag nie!

Eie verantwoordelikheid:

Nog ‘n moontlike rede vir my swaarkry wat nie maklik was om te erken nie, is dat ek sélf vir baie daarvan verantwoordelikheid moes aanvaar. Hetsy weens onkunde of koppigheid – as ek anders gedink of opgetree het, kon ek myself baie stres en frustrasie gespaar het.

Karakterbou:

‘n Verdere rede wat eenvoudig, dog onweerlegbaar is, is dat swaarkry karakterbouend van aard is. Dit gee diepte, ás ek dit toelaat. Iemand het gesê dat bome wat saam met die stormwind buig, sterk word. Dit is ook waar dat groot skepe diep waters nodig het. Wie wil nou swak en klein bly?

Bystand aan ander:

Die belangrikste antwoord het God egter in ‘n droom aan my gegee en wel in die woorde van 2 Kor 1:4 – God laat swaarkry in my lewe toe, sodat ek ander kan help wat deur dieselfde beproewings gaan. Hy het dan ook op wonderlike maniere vir my juis die geleenthede daartoe gegee en hierdie boekie is een daarvan.

Jou redes vir swaarkry, liewe vriend in nood, mag verskil van myne. Vind jy egter nie nou ‘n antwoord op al jou vrae nie, onthou – die lewe is nie gemaak om te verstaan nie, maar om te lewe. Eendag sal God ook op jou waarom? sê : daarom!

“Toe het Job die Here geantwoord en gesê, Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as” Job 42:1-3; 5,6

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment