Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

September, Oktober, November, Desember, Januarie

sp2

S.P. Benjamin (Benjamin Selwyn Paulse ) is die skrywersnaam van Benjamin Paulse, en hy is in 1965 gebore. Nadat hy aan Scottsdene Senior gematrikuleer het, het hy begin om poësie te skryf. In dié tyd het hy onder andere as verkoopsman gewerk en ook later in ’n drukkery. Hy het in 1997 gedebuteer met ’n roman, Die reuk van steenkool, waarvoor hy met die Sanlam/De Kat-debuutprys bekroon is. Sy debuutroman was ook ’n naaswenner in 1998 van die ATKV-prosaprys. Sy kortverhaalbundel, Die lewe is ’n halwe roman, is in 2000 met die Eugène Marais-prys bekroon.

S.P. Benjamin

September sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dis immers ’n maand wat vir my swaar hang aan verloor en afskeid. Soveel geliefdes wat verkies het om met hierdie eerste oopgooi van die hekke na die lawwe seisoen oor na die ander kant te stap.

Swart September. Somber November. Stil Desember. Hoe swaar is die stiltes nie wanneer ons ná ons Kersmaal die grafte van diesulkes besoek.

En toe jy. Een oggend. Vroeg September. ’n Blom wat in die holte van my hand opstaan. So skiet jy op in lila en lila en nog meer lila. En jy sing ’n taal wat sagmaak, jy wens in ’n geur wat lam laat.

Jy speel in ’n ruimte wat mens vol laat.

Jy.

Teen Oktober is dit jou wortels wat stu, tussen my vingers deur grond toe val. Ek hou jou teen die lig op en jy dans vir my. Kom, sê ek, ons gaan kry vir ons vis en tjips om ons eerste maand te vier.

Jy is so opgewonde en ek struikel amper oor jou stringe wortels. Want ek wíl vir jou blom, sê jy.

Jy wíl blom en daarom al die wortels.

Ek druk jou teen my vas.

People like us – we don’t need that much, just someone that starts, starts the spark in our bonfire hearts probeer ek lomperig in November vir jou uit ’n James Blunt-liedjie aanhaal. Nee, sê jy, sing liewer “Lisa se klavier”van Koos Kombuis vir my. Dis immers eie, en wat eie is, is ons s’n.

Desember betrap my effe onverhoeds.

Hoe bly hou ek aan jou vas? Waar bêre ek jou weg van mot en muf? Want jy is vir my soveel meer as net ’n September-blom. Jy gooi jou arms om my nek en jou glimlag is meer as ’n troos. Kom, sê jy, neem my op Kersdag saam na die grafte van jou geliefdes en plant my daar.

Ons is immers eie, en wat eie is, is ons s’n.

En nou is dit reeds Januarie. Die reën laas nag was… so onverwags. So ook jou besoek vanoggend. Maak vir ons ontbyt, fluister jy in my oor wyl ek die deur vir jou oophou.

Die gras, sê jy, is nat buite, maar dis waar jy vanoggend met my wil lê. Onder die wingerd. Dis waar jy vir ons ’n kombers wil oopgooi. Reg onder die wingerd.

Óns wingerd, sê jy. Die druif is groen en klein en as jy geduldig is, sal ek dit soet maak met stories en wense. Kom, sê jy en loop met die klein kombersie by die agterdeur uit, kom lê by my as jy klaar is.

Ek hou jou dop. September, Oktober, November, Desember en nou Januarie, tel ek stil-stil die maande af en dink by myself: September… September met sy ingeboude bitter kom reeds weer aangehol.

Maar hier is jy vanoggend en jy wil die wingerd vir ons soet wens. Ek haal die bottel rooiwyn van die rakkie af. Jy voel so eie, en wat eie is kan tog net ons s’n wees. Ek wonder of jy die liedjie “Hungry Eyes” van Eric Carmen ken?

…hungry eyes / One look at you and I can’t disguise / I’ve got hungry eyes / I feel the magic between you and I …

S.P. Benjamin is die skrywer van onder meer Die reuk van steenkool.

via September, Oktober, November, Desember, Januarie | Rapport.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment