Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

SelfPub

SelfPub

MyAfrikaans.com help Afrikaanse skrywers om hul eie eBoeke uit te gee!

MyAfrikaans is ‘n digitale- uitgewer en multimedia- inhouddiensverlener wat fokus op die internasionale Afrikaanse lesersmark, laer profiel skrywers en klein projekte van gevestigde skrywers.

Die ontwikkeling van digitale uitgewersbedryf gee nuwe moontlikhede aan skrywers om hul boeke self as eBoeke uit te gee. Die skrywer kan nou die dienste koop wat hy of sy spesifiek benodig. Die dienste sluit ondermeer redigering, digitale ontwerp en bemarking in. Mark Levine, outeur van die eBoek: “The Fine Print of Self-Publishing” skryf dat digitale -uitgewerstegnologie die koste om ‘n boek uit te gee aansienlik verminder het. Die groei van die internasionale e-leser en tablet-rekenaar mark het die vraag na eBoeke ongelooflik laat toeneem. Skrywers van eBoeke behou gewoonlik alle regte op hul eBoeke en hul winsmarge is hoër as by tradisionele uitgewers.

Volgens Mark Coker die stigter en hoof van Smashbooks, die gewilde selfpubliseer uitgewer verkoop die meeste selfpubliseer skrywers nie baie eboeke nie. Party selfpubliseer eBoeke word opgeraap deur groot uitgewers soos met “Fifty Shades of Grey” gebeur het. Ander skrywers het weer ‘n hoë omset omdat die eBoeke teen ‘n winskoop verkoop word. Baie skrywers is tevrede om 100 tot 150 eBoeke te verkoop. Ander skrywers het groot drome en dit is vir hierdie mark wat eBoek-uitgewers soos myAfrikaans ‘n diens verskaf. Enige skrywer kan teen amper geen koste self ‘n eBoek publiseer by byvoorbeeld Smashbooks en dit is die ideale oplossing vir die skrywer wat tevrede is met beperkte verkope. Aangesien Smasbooks nie werklik op die Suid-Afrikaanse mark gerig is nie, sal dit net hoofsaaklik vriende en familie wees wat die eBoek sal aanskaf.

eBoek-uitgewers soos myAfrikaans ondersteun skrywers met die uitgee van hul eBoeke met die volgende dienste: redigering, buitebladontwerp, uitleg, omskakeling na eBoek-formate, bemarking, toegang tot sosiale netwerke, die ontwerp van webtuistes en strategieë wat die eBoek voorsien van internetverkeer. Die internationale eBoek uitgewers het ook gewoonlik soos myAfrikaans hulle eie eBoek-winkel.

Lulu is een selfpubliseer-diensverskaffer wat die die volgende dienste verskaf: geen voorafbetaling word vereis nie en die skrywer ontvang 80% van die netto wins van boeke wat verkoop word. Vir $130 sal Lulu ‘n voorblad ontwerp en hul ander pakkette begin by $750 vir ontwerp en omskakeling in ’n eBoek formaat.

CreateSpace, ‘n onderafdeling van Amazon het ook geen voorafbetaling nie, en die skrywer ontvang 60% van die netto wins. Addisionele dienste begin by $120 vir redigering en $69 vir die omskakeling van ‘n teks dokument na die kindle formaat. Die ander dienste waarvan die duurste $4,853 is sluit voorbladontwerp, uitleg en bemarking in.

Die kardinale aspek van selfpubliseering is om aandag te vestig op die skrywer se eBoeke.

Die nadeel om ‘n eBoek te publiseer by Smashbooks of Amazon is dat die eBoek se bloodstelling in die Afrikaanse mark beperk is. MyAfrikaans se diens word om daardie rede aangedryf deur hul eBoekwinkel, blogs en sosiale netwerke. Die bemarkingstrategie van myAfrikaans is gerig om die eBoek sigbaar te maak vir internet-soekenjins. ‘n eBoek gevind moet word deur die persoon wat opsoek is na ‘n eBoek oor ‘n spesifieke onderwerp.

Myafrikaans lewer ‘n diens aan skrywers as ‘n selfPub eBoek – uitgewer.

MyAfrikaans is ‘n digitale- uitgewer en multimedia- inhouddiensverlener wat fokus op die internasionale Afrikaanse lesersmark, laer profiel skrywers en klein projekte van gevestigde skrywers.

Kontak myafrikaans.com vir meer inligting.

via SelfPub.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment