Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Meer oor Self-Publiseer

MyAfrikaans is ‘n digitale- uitgewer en multimedia- inhouddiensverlener wat fokus op die internasionale Afrikaanse lesersmark, laer profiel skrywers en klein projekte van gevestigde skrywers.

Kliek op dossier 1, 2 en 3 vir meer oor selfpubliseer:

eBoek dossier 1

eBoeke het vinnig die voel-voel begin fase verby gesteek en vandag verkies miljoene lesers eBoeke bo die gedrukte boek. Stap net in Europa en Amerika deur enige aankomssaal of koffiewinkel en sien hoe lesers die nuutste topverkoper roman, tydskrif of self strokiesprente geniet op hul eLeser, Android-toestel, Ipad of slimfoon. As lesers gevra word hoekom hulle digitale teks verkies word die volgende redes opgenoem: bekostigbaarheid, gerief, die draagbaarheid van die e-lees-toestelle en toeganklikheid tot miljoene eBoeke met die druk van ‘n knoppie.

eBoek dossier 2

Dit is die vrees van menige nuwe skrywer dat hulle nie ‘n uitgewer gaan vind om hul boek uit te gee nie. Wat as die woorde wat die voornemende skrywer in die middel van die nag uitworstel te lig gevind word deur uitgewers. Jacqui Murray skryf dat sy nooit haar eerste soen en eerste afwysbrief sal vergeet nie. Volgens Jacqui is die frustrasie wat skrywers ondervind om hul werk gepubliseer te kry vinnig besig om te verdwyn met die uitgewersbedryf wat so vinnig verander.

– eBoek dossier 3

As jy ‘n briljante idee het, is ‘n eBoek die ideale voertuig om die idee aan jou profiel te koppel voor iemand die idee by jou steel. As ‘n eBoek reg benader word sal dit ongelooflike blootstelling gee aan jou idee. ‘n Suksesvolle eBoek kan die gevolg hê dat die skrywer as ‘n gesaghebbende in sekere veld beskou  mag word. Die getal lesers van eBoeke het die afgelope jaar verdubbel en in die VSA besit een uit vier mense ‘n tablet-rekenaar wat eBoeke funksionaliteit het. In Suid-Afrika is die penatrasie van slimfone ongelooflik groot en al meer gebruikers lees eBoeke daarop

 Kontak myAfrikaans vir:

– Advies oor hoe om jou eie eBoek te publiseer,

– Die verwerking van die manuskrip in eBoek formate soos ePub of mobi,

– Ontwerp van die buiteblad van die eBoek,

– Om ‘n ISBN nommer te verkry,

– Publikasie van eBoeke,

– Om jou eie professionele webwerf te besit ,

– Bemarking van die eBoeke.

 

 

Lees hier meer oor die vooruitsigde oor eBoeke die volgende 5 jaar.

Kyk hieronder na ons versameling selfPub- eBoeke.

Google

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment