Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Ryk bundel met sterk boeikrag | Rapport

Koop die eBoek hier!

 

Die twaalftal kortverhale in Maar wie snoei die rose in die nag? speel af in die Klein-Karoo. Die eerste verhaal, “Agter ­nege passe”, word aan Breyten Breytenbach wat op Bonnievale gebore is opgedra.

Met ’n padkaartreis word die leser meegeneem om die verhaalwêreld van die res van die bundel presies af te baken: Plekname word beklemtoon – van Kogmanskloof by Montagu, oor De Tradouw tussen bewerkte lande, plaashuise en vrugtetuine tot by Barrydale, dan deur ’n “stuk verlatenheid” tot by Ladismith, na die “porthoofstad ­Calitzdorp”, en dan Oudtshoorn toe “tot by die verste dorp wes, De Rust”.

Aan Uniondale se kant van De Rust begin die Langkloof en eindig die Karoo. Die “nege passe”, almal op die naam genoem, verbind die Klein-Karoo met die “groter land”. Dit dui ook implisiet daarop dat die eerste verhaal met al die ander verhale verbind is. “Ons almal het ook wêrelde elders,” sê die verteller.

via Ryk bundel met sterk boeikrag | Rapport.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment