Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Ou bloed is uiters boeiend en suksesvol – Madri Victor | LitNet

 

Moenie R195.00 betaal, nie koop die eBoek vir R133.30 en verkry ‘n verdere 10% korting met kortingkode ” Lapa ” .

Thys Krige se ondersoekmetodes is, om die minste te sê, redelik onortodoks. Hy steur hom nie veel aan opdragte nie en pas sy metodes aan by die vereistes van elke saak. Die getal mense wat in só ’n ondersoek gewelddadig sterf, laat hom nie te veel wroeg nie. Dit gaan volgens hom om eie behoud. Met die opening van Ou bloed is daar ’n interne verhoor na Krige se optrede tydens die Rossouw-saak wat die spilpunt van Dieper as die bloed, Peet Venter se vorige Krige-roman, is. “Die gevoel van vervreemding wat reeds tydens die Rossouw-ondersoek in Krige posgevat het, skuif ’n paar kerwe hoër.” Hy weet dat hy dit nie onderdruk sal kry nie. “Die wortels daarvan lê te diep in die groeiende besef dat hy hom in ’n sisteem bevind waarin die onderstroom van wantroue, jaloesie, vrees, rassespanning deur die jare al sterker begin vloei het. Dit raak hom des te meer omdat hy agter sy rug bekend staan as die ryk polisieman, die seun van ’n vermoorde gangstersakeman” 13. Dit is juis die moord op sy pa wat hom by die polisie laat aansluit het. Maar nou, vyftien jaar later, het hy steeds nie die moordenaar opgespoor nie. Ten spyte daarvan dat hy baie suksesvol sindikate oopvlek en reeksmoordenaars vastrek.          Wanneer ’n regter en baie bekende prediker grusaam vermoor word, besef Krige dat hy moontlik ’n vennoot in die soektog na sy pa se moordenaar het van wie hy nie geweet het nie. Want regter Maas se moordenaar kontak vooraf Krige se joernalis-vriend Boonzaier, wys uit dat Maas vermoor gaan word, en laat die boodskap aan Krige dat hy “dieper as die bloed” moet kyk – dieselfde boodskap wat hy gekry het die aand toe sy pa vermoor is. Natuurlik, gegewe Krige se gevoel oor die polisiestelsel, lig hy nie sy bevelvoerder, kolonel Dreyer, van laasgenoemde in nie. Op die oog af ondersoek hy die moorde van twee baie prominente leiers in die samelewing wat albei pedofiele was. Maar agteraf probeer hy die skakel met sy pa se moord uitpluis.Soos sy soektog vorder, besef Krige dat dit hier oor veel meer as pedofilie gaan. Die jong joernalis Robyn Arendse, wat hom aan ’n duikertjie herinner en vele dagdrome laat droom, betrek hom by haar poging om die pa van ’n ontvoerde elfjarige dogtertjie te help en plant só die saadjie: pedofilie is slegs die puntjie van ’n massiewe ysberg, want kinderhandel is hier te sprake. En die moordenaar wat Krige moet vastrek, voorsien hom van leidrade, waaronder ’n foto van Karen, ’n meisie wat kort voor die moord op Krige se pa verdwyn het.Vanaf die opening van Ou bloed, waar die vreemde oggendrituele van ’n rekenaarfoendi ook die moordenaar, soos die leser spoedig besef beskryf word, boei hierdie verhaal. Vir speurder Thys Krige het die leser reeds in die vorige boek, Dieper as die bloed, leer ken. En vir dié wat Venter vir die eerste keer lees, word die essensie van hierdie speurder binne die eerste hoofstuk vasgevat. Hy is slim, genadeloos en meedoënloos. Hy werk sistematies en word gedryf deur sy obsessie met sy pa se moordenaar. En hy is uiteindelik ’n tree nader aan die oplossing daarvan, danksy die moordenaar van sy huidige sake. Die moordenaar is op sy beurt uiters intelligent, sensitief, gesofistikeerd en vermoor boonop slegs pedofiele. Volgens hom is hy eintlik ’n “kuberspeurder”; “die doodmakery is net ’n stokperdjie” 113. En pedofiele, veral dié wat gesagsposisies soos dié in die kerk misbruik, verdien sekerlik die doodstraf, of hoe? Iemand moet immers iets doen in ’n samelewing waar “hofsale die speelveld van egosentriese advokate en onbevoegde aanklaers geword het”. In hierdie stelsel is hy bloot een van die mense wat “moeg geword het vir bloot skouers ophaal, en iets gedoen het” 34. Sulke uitlatings onderstreep dat hier van vroeg af vernuftig met die leser se idee van reg en geregtigheid, moraliteit en etiek gespeel word. En die onsekerhede daaroor het soveel meer impak juis omdat ons hier met kinders te doen het.

via Ou bloed is uiters boeiend en suksesvol – Madri Victor | LitNet.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment