Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad | LitNet

eBoek

 

“Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het.”

Bron: Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad | LitNet

Sy het nog nooit gesit en ‘n storie uitgedink nie – hulle “daag sommer in haar kop op,” sê Madelein Rust, skrywer van die puik spanningsverhale Die 13de Kaart en Monstersaad.

En sy is nog ver van uitgeskryf.

Die 13de Kaart is “in haar kop gebore” toe sy gesit en kyk het na ‘n stel tarotkaarte wat haar dogter se vriendin aangedra het. Dit het haar dadelik laat dink aan ‘n moordenaar wat die kaarte as leidrade agterlaat.

“‘n Uur later was ek aan die gang. Die storielyne skryf hulself. Dit voel altyd vir my of die storielyn net my vingers op die toetsbord nodig het.”

Vir Monstersaad was die prikkel ‘n sinsnede wat sy terloops gehoor het. Dit het haar laat wonder of genetika ‘n rol speel wanneer misdadigheid ter sprake is. In haar navorsing oor die biologie van boosheid het sy gevind daar is ‘n hoër vlak van morfologiese abnormaliteite in die breine van geweldenaars. Dit is faktore wat verband hou met byvoorbeeld denkprosesse en emosies. So het Monstersaad se storielyn saad geskiet, met Renata Malan wat in die vrees lewe dat geweld in haar gene vasgelê is.

Die skep van haar karakters is vir Madelein een van die lekkerste dinge van skryf. Sy plaas die storielyn op papier en skryf dan ‘n biografie vir elke karakter, van hul kinderdae af. Dit help dat die karakters deurlopend optree. Sy werk dikwels eienskappe in van mense wat sy ken, maar haar karakters is gewoonlik ‘n mengsel van feit en fiksie.

Sy probeer ook karakters se registers in hul dialoog weerspieël.

“Ek het al baie raas van teksredakteurs gekry oor my ‘roekelose’ gebruik van sleng en gekruide taal, maar ek skop vas ter wille van die egtheid. Polisiemanne praat anders onder mekaar as met die publiek. Ek moes al by die oorskryf van ‘n manuskrip rowwe karakters ‘red’ van pragtige, suiwer Afrikaanse woorde wat hulle nooit in die ware lewe sal gebruik nie.”

Die goeie nuus is dat daar nog ‘n paar boeke met Renata Malan as hoofkarakter op pad is ná die goeie reaksies wat haar verteller van lesers en resensente ontvang het.

Waaraan bestee sy persentasiegewys die meeste tyd wanneer sy ‘n boek skryf?

“Skep van die storielyn 5%, navorsing en kontrole 25%, skryf 60% en herskryf 10%. Navorsing is baie lekker, maar ek betrap my soms dat ek te veel wil oplees!”

Madeleine is ‘n bedryfspesialis wat spesialiseer in projekverwante veranderingsbestuur en korporatiewe kommunikasie. Sy moet die personeel en onhafhanklike kontrakteurs entoesiasties kry en oortuig dat elke nuwe inisiatief vir hulle tot voordeel sal strek.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment