Working in the Netherlands



‘n Miljoen Dollar gaan jou nie vêr buite SA kry nie – maar is dit nodig?

Magnus Heystek skryf onlangs in sy Maandag rubriek dat met die 80% devaluasie van die Rand teen die dollar slegs die rykste Suid-Afrikaners emigrasie kan oorweeg. Volgens hom sal selfs een miljoen dollar maar ‘n druppel in die emmer wees om jou te vestig oorsee. Magnus gebruik die voorbeeld dat ‘n belegging van 5 miljoen Australiese dollar vereis word om verblyfreg in Australië te verkry.

Die vraag is, is emigrasie werklik die enigste opsie om jou welvaart teen die verswakkende Suid-Afrikaanse ekonomie te verskans? Veral as in ag geneem word dat vele Suid-Afrikaners ten spyte van die hoë misdaadstatistiek steeds ‘n kwaliteit lewensgehalte het. Die kwessie wat baie Suid-Afrikaners laat wakker lê, is of die vlak van lewensgehalte volhoubaar is.

Magnus antwoord die vraag of hy sal emigreer met “nee” maar hy beklemtoon dat hy nie al sy geld in een land sal belê nie. Dit is natuurlik aanbevole dat oorsese beleggings deel moet uitmaak van ‘n individu se beleggingsportefeulje maar opkomende entrepreneur se beleggingskapitaal is gewoonlik verskans in sy onderneming. Die problematiek is dat die belegging prakties al hoe minder werd word soos die Rand verswak.

‘n Persoon se  kundigheid en vaardigheid is die enjinkamer van sy welvaartskeppingsvermoë. Daarom moet dat die selfde beginsel ook op kundigheid, vaardigheid en entrepreneurskap van toepassing wees as vir beleggings.  Maak dit nog sin vir ‘n individu om in die moderne kennisekonomie al sy vaardighede in een land te belê?

Dit is moontlik dat ‘n individu se kundigheid, vaardigheid en entrepreneurskap ten volle of gedeeltelik kan emigreer sonder dat hy of sy fisies emigreer. Die grondslag van die kennis/vaardigheid-migrasie is dat ‘n gedeelte van ‘n persoon of onderneming se inkomste in ‘n ander meer stabiele internasionale geldeenheid  gegenereer word.

Die eerste stap van ondernemers wat suksesvol was om hul onderneming te internasionaliseer is om ‘n (virtuele) kantoor in Europa te verkry. Die sukses van so ‘n kantoor is juis omdat dit nie werklik ‘n virtuele kantoor is nie maar ‘n besoekadres en verteenwoordiging met al die voordele wat daarmee saamgaan.

 

cac7c804943db877872ebf0a7b6bcc0f

   Andrea Kleinloog en Megan Hesse

Die Johannesburgse ontwerp studio en winkel Anatomy Design het die pad gestap waar hul lampontwerp nou in Europese winkels beskikbaar is. Anatomy Design het twee nuwe lampe in die versameling van die Deense handelsmerk Karakter. Dit het die entrepreneurs agter Anatomy Design Andrea Kleinloog en Megan Hesse vyf jaar geneem om ‘n deurbraak te maak in die Europese mark. Andrea het die “Lab light” in 2009 ontwerp en alhoewel dit al ou nuus is in Suid-Afrika is, is dit nuut en vars vir die Europese mark. Hierdie tafellamp is so ‘n aanloklike kooppie danksy ‘n ontwerp  van naakte funksionaliteit wat getemper met nostalgie.  Daar is niks aan die lamp wat Suid-Afrika skreeu nie, maar het eerder ‘n internasionale aanloklikheid.

lablight3

Volgens designindaba.com het Andrea en Megan  veral die volgende geleer in die proses:

  • Die winsmarge om ‘n produk in Suid-Afrika te vervaardig is laag as dit ‘n kwaliteit produk is.
  • Alhoewel hulle dislojaal teenoor Suid-Afrika gevoel het om hul ontwerp aan ‘n Deense handelsmerk te verkoop moes hulle die realiteit in die oog staar. Dit is goedkoper om die lampe in te voer vanaf Denemarkte as om dit plaaslik te vervaardig.
  • Die mark vir kwaliteit produkte is ongelooflik groot in Europa in vergelyking met Suid-Afrika.

Dit is beslis die moeite werd om moontlikhede van internasionalisering te ondersoek.

Kliek hier vir meer inligting.