Working in the Netherlands



Working in the Netherlands

Nuwe visum om ‘n onderneming in Nederland te begin

Nederland maak dit nou ‘n bietjie makliker vir ambisieuse ondernemers om ‘n onderneming in Nederland te begin.

Omdat Nederland bekend staan as die Europese Weskus vir hoë tegnologie en nuwe-besigheid-ontwikkeling is ‘n kraakvars nuwe “Start-Up” visum bekend gestel. Die nuwe visum lê die oranje mat uit vir ambisieuse ondernemers.

Nederland gee vir mense buite die Europese Unie wat besighede hier wil begin nou die geleentheid. Die “Start-up”  visa word verskaf vir een jaar waarin daar van die aansoeker verwag word om onder die leiding van ‘n ervare fasiliteerder ‘n nuwe  innovatiewe diens of projek te ontwikkel. ‘n Visum word gewoonlik  verskaf vir ‘n tydperk tot 90 dae en ‘n verblyfspermit vir ‘n tydperk  langer as 90 dae.

Hoe lyk ‘n innovatiewe diens of produk?

‘n Produk of diens kan as innovatief beskou word as daar aan ten minste  aan een van die volgende drie vereistes voldoen word:

  • Die produk of diens is nuut in Nederland,
  • Nuwe tegnologie of ‘n nuwe tegniek van vervaardiging, verspreiding of bemarking is van toepassing,
  • Innovatiewe organisasie prosedures en of metodes.

Wat gebeur as hierdie jaartydperk van die visum verby is?

Na ‘n jaar kan die verblyfspermit verleng word in terme van die skema van selfstandige ondernemers. Die skema vir immigrante met hoë vaardighede (highly skilled migrants) is hier van toepassing. Die hoë vaardighede werkspermit word vir vyf jaar verskaf en daarna kan dit gewysig word na permanente verblyfsvergunning in die EU of die persoon kan aansoek vir burgerskap.

Wat is die vereistes om as ‘n hoë vaardighede immigrant geklassifiseer te word.

‘n Salaris/wins van :

  • Applikant jonger as 30 jaar : 38 466 euro per jaar,
  • Applicant ouer as 30 jare 52 462 euro per jaar.

Bogenoemde salaris kan ook byvoordele insluit.

Hierdie immigrante ontvang ook ‘n 30% belastingvrye toelaag op hul bruto salaris.

Proud part of StartupDelta

Proudly part of StartupDelta

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment