Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuwe eBoeke van Lapa  Julie 2015 #eBoeke

Nuwe eBoeke van Lapa

http://myafrikaans.com/monstersaad.html

Monstersaad

Madelein Rust

Kategorie: Sielkundige riller

ISBN: 978-0-7993-7582-4

Prys: R219.99,  myAfrikaans se prys: R160,81

Monstersaad is ’n ryklik geskakeerde, veelvlakkige sielkundige riller. Daar is verskeie storielyne wat deurmekaar loop.

Renata Malan is ’n forensiese sielkundige, die erfgenaam van ’n man wat haar as proefkonyn gebruik het. Haar biologiese pa is ’n veroordeelde reeksmoordenaar.

Renata gaan studeer dus sielkunde om haarself te verstaan, net om te leer dat sy dit nooit op haar eie sal regkry nie.

Sy leer wel heelwat van kriminele en hulle denkpatrone – stam sy nie immers af van ’n berugte moordenaar nie?

Wanneer ons Renata leer ken, is sy ’n vennoot in Malan en Coetsee Privaatondersoeke. Hulle word genader om die skynbare selfmoord van ’n sewentienjarige meisie, Melissa Verhoef, te ondersoek. Aanvanklik dink Renate hulle mors tyd en geld – die kind het inderdaad selfmoord gepleeg. Dan kyk sy dieper en besef alles is nie so eenvoudig soos dit lyk nie.

Soos Renata dieper delf in Melissa Verhoef se dood, krap sy ook rowe in haar eie gemoed af.

Sy bloei teen die einde van die boek, op vele maniere.

Dit is ’n uiteindelik ’n donker boek hierdie, maar daar is ongetwyfeld hoop teen die einde.

Die skrywer en kritikus, Alta Cloete, sê oor Madelein Rust se debuut, Die 13de kaart: “Die verhaal lewe met ’n hele aantal interessante, oortuigende newekarakters wat menslikheid en egtheid in die milieu van wreedheid en moord indra.”

Hierdie tweede boek beloof om veel meer vir Madelein Rust se loopbaan te beteken as haar debuut.

http://myafrikaans.com/woestynroos.html

Woestynroos

Vita du Preez

Kategorie: Vrouefiksie

ISBN: 978-0-7993-7583-1

Prys: R199.99 myAfrikaans se prys: R146,19

Op die oog af het Kato Klinge alles: Sy is aantreklik, intelligent en baie suksesvol in haar beroep as ingenieur, maar selfs ’n suksesgedrewe perfeksionis het moederlike instinkte. Kato wil ’n baba hê, maar daar is nie ’n spesiale man in haar lewe nie.

Stef Steenkamp, met wie Kato ’n jarelange platoniese vriendskap het, kom met ’n plan vorendag. Daar is reeds ’n baie spesiale band tussen hulle, want Stef se ma is tydens sy geboorte oorlede en Bea Klinge het Stef saam met haar eie babadogter, Kato, aan haar bors geneem. Volgens Stef is dit die ideale oplossing dat hulle saam ’n baba sal hê en die verantwoordelikheid vir die baba se opvoeding deel. Hulle kind sal in ’n liefdevolle, standvastige omgewing grootword, want niks gaan ooit hulle vriendskapsverhouding vertroebel nie. Hulle kind sal ook nooit die trauma van ’n egskeiding beleef nie, want hulle gaan nooit die romantiese liefde en die trouding doen nie.

Stef kon Kato, wat alles volgens die boek doen, nog altyd ’n gat in die kop praat en haar oortuig om goed te doen waaraan sy nooit eens in haar stoutste drome sou dink nie.

Kato stem in.

Om hierdie baba te verwek, moet Kato egter net so hard werk soos vir enige iets anders wat sy al in die lewe bereik het.

Stef hou van vroue, maar hy verkies T20-romanses met girls wat nie ’n man se vlerke wil knip nie. Kan so ’n man ’n kind verwek en steeds net platoniese vriende bly met die ma van sy kind?

Woestynroos is die tweede boek in ’n vierluik wat begin met Solitaire. Die reeks staan bekend as Die Vinkel & Koljander-vroue.

http://myafrikaans.com/lekker-en-vinnig-eenpotgeregte.html

Lekker & Vinnig 5: Kerries

Samesteller: Hendri Warricker

Prys: R49.99

ISBN: 978-0-7993-7433-9

Wat is lekkerder as ’n sagte, geurige kerrie op ’n wintersaand? Met hierdie boek in die hand kan jy self leer hoe om die regte kombinasie van kruie en speserye te meng met al die ander bestanddele om die geurigste moontlike kos voor te sit.

http://myafrikaans.com/doring-in-haar-vlees.html

Doring in haar vlees

Dina Botha

ISBN: 978-0-7993-7578-7

R74,99 myAfrikaans se prys: R 54.82

Annika Eksteen en Connor Volschenk ding mee om dieselfde huurkontrak. Die eienaar van die perseel kan nie besluit aan wie hy dit moet toeken nie en nooi albei om die Paasnaweek by sy seehuis deur te bring …

http://myafrikaans.com/altyd-die-strooimeisie.html

Altyd die strooimeisie

Madelie Human

ISBN: 978-0-7993-7579-4

R74,99 myAfrikaans se prys: R54,82

Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?

http://myafrikaans.com/bloubaardman.html

Bloubaardman

Alda Geers

ISBN: 978-0-7993-7580-0

R74,99 Prys myAfrikaans: R54,82

Omstandighede dwing Monica om onder Herman Lategan se beskerming te staan. Sy keer egter verbete dat die Lategans haar klein Ruben as erfgenaam vir hul familiedinastie inpalm. Maar kan sy langer haar gevoelens vir Herman keer?

Miljarde Sterre

http://myafrikaans.com/miljarde-sterre.html

Elise Keyter

ISBN: 978-0-7993-7581-7

R74,99 Prys myAfrikaans: R54,82

Marli en Ian is getroud ná ’n warrelwindromanse. Nou is die wittebroodstadium verby en hulle moet besluit: Verower weer mekaar se harte of laat toe dat dokter Sybil Beek slaag om hul huwelik te laat ontspoor.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment