Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Volop Afrikaanse eBoeke

Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. Die volledige katalogus van NB se e-boeke word nou deur Amazon versprei en is dus wêreldwyd op alle platforms beskikbaar. “Die gemak en spoed waarmee ’n mens e-boeke aflaai – daardie onmiddellike bevrediging – bly elke keer ’n verrassing en ’n reuse-plesier,” sê Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB. Volgens Nèlleke de Jager, NB se digitale uitgewer, het “ ’n hele nuwe era in die Afrikaanse boekebedryf aangebreek”. “Lesers kan hul leeslus behoorlik versadig met honderde e-boeke wat wêreldwyd in Afrikaans beskikbaar is. Nooit weer is ’n boek nié beskikbaar nie.” Dit word voorgelees deur van die land se beste stemkunstenaars in Afrikaans. Jy kan dus met min moeite ’n boek aflaai op ’n iPod, iPad of slimfoon of selfs ’n gewone rekenaar en daarna luister, waar jy ook al is. Die uitgewery se skrywers is ook opgewonde om hul boeke in digitale formaat te sien. Meyer, Troskie, Wilna Adriaanse en Snyman het hul lyf onlangs akteurs gehou en speel in NB se TV-advertensie. Skrywers meen die e-boekformaat hou verskeie voordele in.

Lees die artikel verder in die Beeld.

via Nuus – Volop Afrikaanse eBoeke.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment