Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident

Die plakkaat hang skeef teen ’n lamppaal voor die hofgebou.

Hein stap agter Helga teen die trappe op en kyk na die swart en wit foto van sy pa. Onder sy gesig het iemand ‘n stokkieslyf met ‘n viltpen ingeteken. Bloed drup van sy vingerpunte af. ‘n Hitler snor pryk op sy bolip.

Hy en Helga het nie kans gekry om te praat sedert sy gister saam met sy ouers en André opgevlieg het nie. Hy het gehoor Botha is steeds soek. Die polisie reken hy kan landuit wees. Hein het haar e-pos uit sy kop gesit. Daar is nie meer tyd om weer deur die hele proses te worstel. Sy keuse is gemaak. Dis te laat vir omdraai.

Polisiemanne met oproerhelms en lang knuppels beman die spasie tussen die twee groepe oproerige ondersteuners. Vier mense hou ’n rooi banier vas met die woorde.

‘Shoot the Racist Bastard’

Die skare aan weerskante van die lemmetjiesdraad strek tot verby die volgende straatblok. Kaptein Smit se vyande beskou sy versuim om homself te verdedig as ’n skulderkenning en hulle soek wraak. In die oë van sy ondersteuners is hy ’n martelaar, uitgelewer aan die genade van dieselfde regstelsel wat toegelaat het dat Shabir Shaik sy tronkstraf op die gholfbaan deurbring.

In die dagblaaie is wild bespiegel oor die motief agter die besluit. Een joernalis glo die bewerings is so verregaande en ongegrond, dat ‘n verweer oorbodig is. Ander soek die antwoord in Steve Smit se karakter. Hier is ’n man wat nie bereid is om die skuld op ander te pak om sy eie bas te red nie. ’n Les vir ons almal in hierdie tye waarin mense nie meer die morele moed het om verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar nie.

André se hand op sy skouer onderbreek sy gedagtes. “Waar is Gagiano?” Sy stem skaars hoorbaar bo die lawaai in die straat toe die skare van kaptein Smit se teenwoordigheid bewus raak.

Hein leun nader. “Joubert het hom vroeër ingebring. Die landdros wou hom eers sien.” “Wat sê Geoff Lord?” vra André.

“Kon hom nie weer in die hande kry nie. Sy laaste storie was dat die landdros van die Streekshof ’n spesiale vergunning sal moet maak vir Gagiano om te getuig. Ek hoop hulle het reggekom. As Gagiano agterkom ons het vir hom gelieg oor die polisie, gaan ons hom nooit weer sien nie.”

http://myafrikaans.com/die-oshikuku-insident.html

via Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident.

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment