Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Trollie in die kuberruimte

Enigiets wat jy in ’n winkelsentrum kry, kan jy aanlyn ook opspoor. En méér, want daar is nie fisieke beperkings op wat jy kan koop nie: e-boeke en babadoeke, kos en klere; selfs lugtyd en tyd in die lug na jou droombestemming. Boeke, CD’s, DVD’s en speletjies het die grondslag gevorm van handel aanlyn en is vandag steeds topverkopers. “Jy weet wat jy gaan kry en dis maklik om te koop,” sê Kirby Gordon, bemarkingsbestuurder van Kalahari.com. “Só het mense geleer om aanlyn te koop.”

Aanvanklik was mense lugtig om hul kredietkaartinligting op die wêreldwye web bekend te maak. Groupon het egter bygedra tot die “aanlynrevolusie”, meen Nicholas Rixon van Advanced Cloud Technologies. “Mense wou so graag daardie winskopie kry hulle was bereid om hul kredietkaart aanlyn te sit. Só het mense begin vertrou hulle kan hul kredietkaarte vir inkopies aanlyn gebruik.” Namate mense meer gemaklik raak met transaksies aanlyn begin ander markte ook blom. Tegnologie soos rekenaars, selfone, kameras, televisiestelle en DVD-spelers vlieg van aanlynwinkels se rakke. Verlede jaar was e-tablette onder Kalahari.com se topverkopers.

Ma’s maak ook die aanlynwinkels se kasregisters vol met speelgoed- en babaware-inkopies. “Dit maak sin,” sê Gordon, “want ’n nuwe ma of verwagtende ma moet eers die stootwaentjie en alles anders in die kar stop voordat sy winkel toe kan gaan.” Nikki Cockcroft, bestuurder van Woolworths se aanlynwinkel, sê verkope aanlyn maak tot dusver nog ’n klein deel van dié maatskappy se inkomste uit. Tog verdubbel die getal kopers aanlyn jaarliks. Kos en huishoudelike items is tot dusver die gewildste en vir die aanlynboetiek Spree.co.za is rokke en enkelstewels topverkopers sedert dié winkel in April begin het.

via Nuus – Trollie in die kuberruimte.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment