Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Styl in Afrikaans

http://myafrikaans.com/blog/styl/

Alles oor Styl!

Annien Botha het haar aangesluit by myAfrikaans om haar kundigheid oor styl met ons te deel.

Annien beskryf haar doelstelling soos volg: “My doel is om jou waardevolle STYL vaardighede te leer, jou persoonlike ontwikkeling, self-aanvaarding en persoonlike STYL te verbeter en jou selfvertroue te verhoog. Hierdie program help jou om die beste te word wat jy kan wees, om jou beste STYL na vore te bring – jy sal verandering sien in jou verbeterde selfbeeld en selfvertroue, en uitstap met nuwe STYL en die oue agterlaat”.

Annien se wêreld

Annien Botha is ‘n internasionaal gekwalifiseerde Skoonheids en Spa terapeut, wonend in Durbanville Kaapstad, met twintig jaar ondervinding in Spa behandelings, Gesig en Lyfsorg-behandelings, asook Grimering.Sy het gespesialiseer in Skoonheid en vakke in Spa Terapie by Face to Face en Camelot Internasionaal in Johannesburg.

Na ‘n afgryslike Motor ongeluk in 2012, waarin Annien haar nek gebreek en tydelik verlam was, het sy wonderbaarlik Herstel maar die gebruik van haar regterhand het verswak en haar werk as Terapeut het tot ‘n einde gekom. Sy het die nuwe Seisoen van haar lewe as ‘n meer Geestelik georienteerde mens betree. Sy heg nou baie meer waarde aan “lewe in die Oomblik” – met Dankbaarheid vir die Klein dingetjies – en nie aandag aan Onbenullighede nie, maar aan wat rerig Belangrik is in die lewe.

Haar Geloof en Positiewe lewensbeskouing het haar gedra, en sy het geleer om waarde te put uit Stilword en God se Stem hoor wanneer dinge rof gaan, en dat jou Identiteit of Waarde nie le in jou Talente nie, want dit kan oornag van jou af weggeneem word. Annien het haar wonderwerk Engel-kinders eers op Veertig en Twee-en-veertig jarige ouderdom gehad, ‘n Pragtige seun en dogter nou sewe en nege jaar oud. Die volgende aspekte sal onder andere deel uitmaak van die leefstyl program van Annien:* Gesondheid* Dieet* Gesonde Etes* Voorkoms* Velsorg* Teen-veroudering* Oefening* Verslanking* Klere Styl* Haarstyl* Gemoedstoestand

via Nuus – Styl in Afrikaans.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment