Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – SelfPub van eBoeke gee 'n deurlopende inkomste aan skrywers

selfPub eBoeke Silvia Day

In die VSA is daar ‘n nuwe entrepreneur- variëteit van skrywers. Hierdie skrywers beweeg gemaklik tussen die selfpublikasie- en die uitgewers-mark oor die uitgewersregte van hul manuskripte. Die entrepreneur- skrywer se keuse tussen uitgewers en selfPub word bepaal deur waar hul inkomste en kreatiewe vryheid die grootste sal wees. Hierdie nuwe generasie eBoek skrywers maak gereeld ook gebruik van SelfPub uitgewers soos myAfrikaans.com om hul te ondersteun met die praktiese aspekte van selfuitgee. 

Silvia Day is ‘n protomodel van hierdie generasie skrywers. Day is ‘n topverkoop- skrywer van 22 romans. Day het die media se aandag in 2012 getrek met die verkoopsensasie Crossfire eBoeke reeks. Die Crossfire eBoeke reeks het lig gesien as ‘n selfPub projek en is later opgeraap deur Penguin. Day was ook volgens digitalbook.com vroeër hierdie jaar in die nuus toe sy ‘n ooreenkoms aangegaan vir ‘n sewe-syfer bedrag met Harlequin en die Cosmopolitan tydskrif om twee nuwe titels aan hulle te lewer. 

Die eBoek Bared to You, die eerste in die Crossfire reeks het ontstaan nadat Day haar illusie met die New York uitgewers establishment verloor het. Volgens Day kom die basis van die kontraktuele verpligtings teenoor skrywers uit die era van net na die Groot Depressie. Sy het haar self afgevra of ‘n voltydse skrywer finansieel kan oorleef as hy of sy slegs elke 6 maande tantiemes ontvang.

Day vertel dat sy maandeliks vergoeding ontvang vir haar selfPub eBoeke en dat sy gemaklik kan leef van die inkomste.

via Nuus – SelfPub van eBoeke gee 'n deurlopende inkomste aan skrywers.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment