Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Regter Bennie Griesel resenseer: Kobra (#Afrikaanse eBoek)

Hoe lees ‘n Regter Kobra?

( lees volle resensie in Beeld)

Miskien vanweë my verlangse verbintenis met Deon Meyer se hoof­karakter, kapt. Bennie Griessel van die polisie se Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (beter bekend as die Valke), het ek onlangs die onverwagte maar opwindende uitnodiging van die boekeredakteur ontvang om Meyer se nuutste roman, Kobra, te resenseer.

Opwindend, want vir enige geesdriftige leser van Deon Meyer se boeke, soos ek, is die verskyning van ’n nuwe boek deur hom altyd ’n geleentheid om na uit te sien. Wat die verbintenis met kapt. Griessel aanbetref, het Meyer self in Karoo­nag (H&R 2009) onthul dat hy die naam van Bennie Griessel geleen het by wyle mnr. Ben Griessel (sic), “my waardige, wonderlike aardrykskunde-onderwyser aan die Hoërskool Skoonspruit op Klerksdorp”. Daardie mnr. Griesel was my neef. (Ons is albei op tradisionele wyse na ons gemeenskaplike oupa genoem.)

Hoe dit ook al sy, sedert sy vorige verskyning in Sewe dae is die rehabiliterende alkoholis Griessel teen hierdie tyd reeds 422 dae “skoon”.

Die verhaal in Kobra open op dramatiese wyse met sy aankoms op ’n moordtoneel op die luukse gasteplaas La Petite Margaux in Franschhoek. Drie lyke word gevind, onder wie twee private lyfwagte wat vir ’n Kaapse persoonlikesekuriteitsfirma gewerk het. Al drie is met kopskote doodgeskiet.

Nie alleen is daar drie moorde wat opgelos moet word nie, maar die situasie word gekompliseer deur die feit dat die kliënt van die sekuriteitsfirma wat deur die lyfwagte opgepas moes word, skoonveld weg is.

Daar is tekens van ’n hewige wors­teling in sy slaapkamer. Die vermoede is dat hy ontvoer is. Al wat oor hom bekend is, is dat hy skynbaar ’n welgestelde Brit is met ’n splinternuwe paspoort in die naam van Paul Anthony Morris.

Op die toneel vind die polisie patroondoppies waarop die afbeelding van ’n bakkop-kobra gegraveer is.

via Nuus – Regter Bennie Griesel resenseer: Kobra (#Afrikaanse eBoek).

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment