Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Nederlandse skole sê ja vir samewerking!

 AllesAfrikaans

Nederlandse skole sê ja vir samewerking!

Nederlandse skoolkinders kan ongetwyfeld baie van hulle Suid Afrikaans leeftydgenote leer en omgekeerd, volgens ʼn aantal Nederlandse skooldirekteure met wie ons hier in Nederland gesels het.AllesAfrikaans het die direkteure laer- en hoërskool uitgenooi om deel te word van ons inisiatief om leerlinge uit die twee lande vir samewerking aan mekaar verbind. Die antwoord is ʼn duidelike ja, “wij kunnen veel van elkaar leren”.

Die dood van Nelson Mandela is byvoorbeeld die afgelope dae deur baie Nederlandse onderwysers gebruik om klaskamer-gesprekke rondom temas soos rassisme en diskriminasie te voer. AllesAfrikaans werk saam met ander inisiatiewe in Nederland aan skoolprojekte waarin die persoonlike ontwikkeling van leerders sentraal staan.

Kulturele kennis van mekaar hoort hierby.AllesAfrikaans bou ʼn leer- en deel gemeenskap waar ons nie net jong leerders oor die grense heen bymekaar wil bring nie, maar ook die beste talente uit ons kultuur aan die res van die wêreld, en veral in ons taalgebied, Nederland, België en Suriname, wil voorstel.

Daarom nooi ons die beste uit ons skryf- en dig- en kunswêreld uit om ook hulle werk in hierdie gemeenskap ten toon te stel.  Verskeie skrywers/kunstenaars het reeds hulle steun aangebied.

Jy ook?

Sluit aan by https://www.facebook.com/groups/AllesAfrikaaans/

via Nuus – Nederlandse skole sê ja vir samewerking!.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment