Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Maar Tintin in Tibet, deur Annelie Ferreira

Afrikaanse eBoek

Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ‘n Messias daar gesien is?

Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie.

Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in ‘n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie.

Daarom klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land. Hy stem immers in dat julle soms jou Gert Vlok Nel-CD kan luister, en ten minste vibreer die selfoon in jou sak so af en toe met ‘n SMS van jou girlfriend.

 

Lees die resensie in Rapport.

Wanneer ’n konserwatiewe dominee sy studenteseun vra om saam met hom van Stellenbosch Beaufort-Wes toe te ry omdat die messias daar gesien is, word dit ’n geestelike reis sonder omdraaikans. Ds. Kruger, ’n NG predikant, neem sy seun Lukas saam op ’n heen-en-weer reis tussen Stellenbosch en Beaufort-Wes – op soek na die messias waaroor ’n klompie pastore gaande is. Kruger is die stereotipe plattelandse predikant. Alles is sonde. Seks voor die huwelik, homoseksualiteit en rassisme is deel van die verhaal se subteks. Dis die verhaal van ’n pa en seun wat lief is vir mekaar, maar wie se wêrelde ligjare van mekaar weggedryf het. Ook vir sy vrou, met wie hy al jare lank nie meer seks het nie, het Kruger se wêreldjie te klein geword. Hy worstel met dinge wat vir die meeste mense alledaags geword het. Gay-verhoudings, voorhuwelikse seks, liefde oor die kleurskeidslyn.

via Nuus – Maar Tintin in Tibet, deur Annelie Ferreira.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment