Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Kamphoer #eBoek

Woord vir woord hou jy op asemhaal  Baie selde nog was daar in Afrikaans so ’n debuut. ’n Toekomstige meester maak sy buiging op die verhoog van die letterkunde, skryf Cas van Rensburg.

Dit is met die spreekwoordelike Bybelse angs en bewing dat ’n mens ’n resensie van hierdie roman aandurf. Gegrond op ’n ­ware verhaal, kondig die uitgewers braaf op die voorblad aan, maar 99,8% van hierdie verhaal vloei uit die verbeelding van die skrywer, en selde, baie selde nog was daar in Afrikaans ’n debuut soos hierdie.Weliswaar is daar drifsels van die ware verhaal, maar onder lê ’n diep kuil, amper so diep as Crazywell Pool in Engeland waaroor in die boek geskryf word – ’n kuil so onpeilbaar diep dat dit volgens oorlewering skuiling vir hekse bied.

Die ware verhaal is eenvoudig: ’n Bywonersdogter, Susan Nell, beland in die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp waar haar ma en broertjie sterf. Sy word deur twee Tommies verkrag en vir dood gelaat. Sy val egter van die wa af wat die lyke na die lyks-tent op die dorp bring en word versorg deur ’n Sotho-geneesheer, Tsiisetso, en sy vroulike metgesel, Mamello. Sy beland uiteindelik in Nederland waar sy ’n psigiatriese verpleegster word. In die Eerste Wêreldoorlog gaan werk sy in Engeland in ’n hospitaal vir soldate wat aan bomskok ly. Daar kom sy ná 16 jaar een van haar verkragters teë.

via Nuus – Kamphoer #eBoek.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment