Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Irma Joubert ontvang hoogste lof van TuksAlumni

Foto Izak de vries

Regter William de Villiers, die voorsitter van die TuksAlumni-raad, het bekend gemaak dat Irma Joubert op Vrydag 21 November 2014 vereer sal word met ’n TuksAlumni Laureaattoekening 2014. Dit is die hoogste toekenning wat deur Alumni van die Universiteit van Pretoria gemaak kan word.

Ontvangers van die TuksAlumni Laureaattoekening kry ’n brons kunswerk, gemonteer op swart graniet. Dié kunswerk is ontwerp en gegiet deur Angus van Zyl Taylor, ook ’n Oud-Tukkie.Joubert is tans in Nederland as deel van die “de Week van de Afrikaanse roman” wat deur Ingrid Glorie gereël word.

Dit is die tweede groot eer wat Irma Joubert te beurt val in 2014. Sy is naamlik vroeër vanjaar in Nederland bekroon met die Publieksprijs Christelijk Boek 2014 in die kategorie vertaalde fiksie.Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld Nylstroom en het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het ook as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer. In 2005 is sy aangewys as Media24 se “Spesialisjoernalis van die Jaar” en was ’n Mondi-finalis.Irma Joubert skryf historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en Tolbos, asook die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by nb verskyn het.

In 2008 was Irma ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2011. Sy is al meer as veertig jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie volwasse seuns, ’n skoondogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders.

Ná hulle aftrede, reis Irma en Jan baie, veral met hulle 4×4 die boendoes in. Die skootrekenaar en ’n sonpaneel reis saam.

Die outeur is tans in Nederland, maar sal binnekort beskikbaar wees vir onderhoude, kontak gerus vir Izak de Vries om ’n onderhoud te reël.

via Nuus – Irma Joubert ontvang hoogste lof van TuksAlumni.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment