Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Hoe kan 'n skrywer 'n eBoek teken?

eBoeke

Lesers is mal daaroor as ‘n skrywer ‘n persoonlike boodskap skryf in ‘n boek en skrywers geniet dit nog meer!

Hoe nou gedaan as ‘n leser ‘n eBoek gekoop het, en ‘n skrywer ‘n boek-teken geleentheid hou?

Gary McLaren skryf dat alhoewel die tegnologie nog kraakvars is daar interessante oplossing bestaan waarmee skrywers eBoeke kan teken.

AuthorGraph

AuthorGraph is ontwikkel deur Evan Jacobs, voorheen ‘n Amazon programmeerder. Die leser versoek die skrywer om die eBoek te teken en om ‘n persoonlike boodskap by te skryf. Die boodskap en handtekening word op ‘n afsonderlike gelewer en omdat elke dokument uniek is kan die skrywer ‘n persoonlike boodskap skryf aan die leser. Die leser kan die boodskappe van verskillende skrywers bymekaar maak en die plaas om ‘n blog of Facebook.

Autography

Met Autography registreer ‘n skrywer sy eBoek op hulle webwerf en laai die toepassing (app) af op ‘n iPad. Die skrywer neem dan ‘n iPad saam na die bekendstelling van die eBoek of waar hy moontlik lesers kan ontmoet. As ‘n leser die skrywer vra om die eBoek te onderteken word die toepassing gebruik om boodskap te skryf en dit te integreer in die eBoek. Lesers kan die boodskap deel op sosiale media soos Facebook.

Inscribed Media

Inscribed Media is begin deur die skrywer Alivia Tagliaferri. Hierdie internet- gebaseerde toepassing stel ‘n skrywer in staat om ‘n eBoek te onderteken, persoonlike boodskappe te skryf, multimedia soos foto’s op te laai met enige rekenaar waar hy of sy ook al is. Die skrywer ontvang volgens Gary McLaren ‘n ePos van die boodskap in ePub in Kindle formaat.

Dit is duidelik dat eBoek – skrywers nie beperk word as dit kom by die teken van eBoeke by openbare optredes nie. Die inskrywing in ‘n eBoek sal veral waarde hê as die datum en plek van die boodskap bygevoeg word en die leser die inskrywing direk kan deel op sosiale media.

via Nuus – Hoe kan ‘n skrywer ‘n eBoek teken?.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment