Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Eerste boek oor Afrikaanse taalkunde in 25 jaar!

Pas het daar by Van Schaik ʼn nuwe Afrikaanse taalkundeboek, Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, verskyn.

Dr. Nerina Bosman van die Departement Afrikaans was mederedakteur saam met prof. Wannie Carstens van Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Dit is die eerste boek wat  ʼn volledige oorsig oor alle aspekte van die Afrikaanse taalkunde gee sedert Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde in 1989 verskyn het – ʼn boek waarin destydse dosente van die Departement Afrikaans soos professore Louis Eksteen, Christo van Rensburg en Vic Webb bydraes gelewer het.

Dosente aan sewe universiteite waar die Afrikaanse taalkunde tans bestudeer word, was medeskrywers aan die boek.Nuuskierige lesers kan meer te wete kom van die Afrikaanse klank-, woord- en sinsisteme en die baie interessante herkomsgeskiedenis van Afrikaans word in twee hoofstukke beskryf. Die semantiek, pragmatiek, sosiolinguistiek en leksikografie, sowel as normatiewe taalkunde, dokumentontwerp en taalverwerwing en taalonderrig kom almal aan bod in die 490 bladsye. Die nuutste navorsing in die onderskeie velde word aan studente en belangstellende lesers voorgestel.

Daar is ook ʼn oorsighoofstuk wat ʼn voëlvlug bied oor die Afrikaanse taalkunde van toeka tot nou. In die laaste instansie is die boek ʼn voorbeeld van samewerking tussen akademici uit alle dele van die land en ʼn lewende getuigskrif van die soepelheid, krag en kleurryke verskeidenheid van Afrikaans.

Kliek hieronder om die eBoek te koop.

via Nuus – Eerste boek oor Afrikaanse taalkunde in 25 jaar!.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment