Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – eBoek oor steentydperk

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Boeke/Moetie-oor-Steentydperk-verdien-baie-wierook-20140502

’n Magiese roman oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika sowat honderdduisend jaar gelede: dis die storie van Ama, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word. Maar eers moet sy vróú word. En wie gaan haar herd-man wees? En waarheen verdwyn sy so skielik? Dis ook die storie van ’n magstryd: Wie gaan Hoofman-Owerste van al die Seestamme word?

Resensie  van Annelie de Wet

Ek voel senuagtig om ’n resensie te skryf oor Marié Heese se begeesterde roman (of kan ek dit ’n liriese werfjoernaal noem?) oor antieke Afrika-stamme aan die suidkus van die land sowat honderdduisend jaar gelede.

Dis ’n onderwerp wat ek al dekades lank bestudeer, en as opgeleide sangoma doen ek soms veldwerk. En ek kan ongepoets wees met mense se fantasieë. Dus spits ek my ore vir skrywers wat die Steentydperk aandurf … en ek gee punte vir ’n klokhelder begrip dat die ou en moderne mens intern dieselfde is. Dit is ’n feit uit antropologiese en argeologiese navorsing. Heese slaag hierin cum laude: Haar karakters het ryk en gevoelige innerlike landskappe.

In Vuurklip word ’n ruim verbeeldingswêreld in die natuur opgeroep met die Grondgees, Windgees, Seegees en Reëngees wat deur die lewe van mense soos die Walvis-, Visarend- en Elandstam spoel soos hul eie asemhaling. Die verhaal ontwikkel om die figure van die stam se medisyne-genesers. Daar is twee sterk vrouefigure: die storievertellende moetievrou (medisynevrou) Maouma en haar opvolger, Ama. En dan is daar Sjamaan – wat die stam se genesingsdanse op aangrypende wyse lei met die hulp van Maouma se rituele trans-moetie wat hom help om gesigte te sien. Ama se man, Klipman, is ’n stamleier in wording, asook ’n tegniese boffin wat met horte en stote die klipgereedskap van die Steentydperk se mense ontwerp. Hy bied ’n lewendige blik op die evolusie van die mens op pad na sy industriële toekoms.

Lees verder in Rapport

via Nuus – eBoek oor steentydperk.

Publiseer jou eie eBoek

Publiseer jou eie eBoek

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment