Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Die Laaste dag deur David Clatworthy #eBoeke

http://myafrikaans.com/blog/david/

http://myafrikaans.com/blog/david/

Uittreksel uit: Die laate dag deur David Clatworthy

Net duskant Pretoria, naby die reuse Wonderboom, langs die Groot Noordelike Pad, staan en brom die Vier Ridders van die Apokalips met duime uitgestrek. Motors, taxi’s en trokke stroom hulle verby. Die bestuurders se oë strak op die pad vorentoe gerig. Wat heelwat ongewoond is vir Suid Afrikaanse bestuurders.

“Ag nee, man!” grom Dood. “Dis nou die vyfhonderdste voertuig! Gee niemand meer ‘n lift nie?”

“Dis nie veilig nie” lig Pestilensie hom in.

“Maar hulle kyk nie eers vir ons nie” kla Hongersnood. “Maggies maar ek’s honger!”

“Miskien is dit die seise” sê Dood. “Dis seker nie tradisioneel genoeg om as wapen beskou te word nie. Julle weet mos – Afrika”

Die geraamtes bekyk hul seise en dan vir mekaar.

“Gooi weg” sê Dood. “Ons tel hulle weer op as ons terug kom”

“Is jy mal?” vra Pestilensie. “Wanneer laas het jy iets langs die pad gelos en dit later weer gevind?”

“Gee” sê Oorlog. Hy vat al vier seise, wentel hulle ‘n paar keer om sy swart skedel en laat los. Die implemente trek met haas deur die lug en verdwyn doer tussen die blare van die Wonderboom weg. ‘n Mangoboom begin onmiddellik groei maar dit word net so spoedig deur ‘n trop wilde vrugtevlieë aangeval en so vinnig as wat hulle vreet, vrot die vrug. Oorlog bekyk die boom vir ‘n oomblik en voel hy behoort iets te doen maar kan net-net nie aan ‘n idée vas vat nie. Hy skud sy hande af. “Daar’s hy!” sê hy heel in sy noppies. “Kom’s probeer weer.”

Hy steek weer sy duim oor die pad uit en klap die kant spieël van ‘n jaagende taxi af. Dis net stof en remligte.

“Kom ouens!” gil Hongersnood en hol taxi toe.

Baie mense is bygelowig, maar min so veel soos die Afrikaner. Nou moet ek lig loop want die van julle wat Afrikaanssprekend is – met ander woorde die van julle wat van Hollandse, Franse en die minder aanvaarbare Afrika/Hottentot saad afkomstig is – sal onmiddellik opstaan en skree “Ons is nie bygelowig nie, ons is Christene! En ons is nie van die Bruin saad afkomstig nie!” Julle kan maar weer sit want ek praat van die mense wat van Afrika afkomstig is, of ‘Native’ soos die Ingelse sê. Die inboorlinge van Suid Afrika, die vorige Plurale, Bantoes, kaffers of minderbevoorregtes. Swartes. Hulle is baie bygelowig – jy weet, Voorvaders, Tokholoshe ens. en ‘n kwadraat sewe voet geraamtes wat op hulle afstorm gaan ‘n baie besliste reaksie in hulle veroorsaak. So dan ook die taxibestuurder wat met moord in sy hart die ‘wit’ ding wat sy spieël afgemoker het ‘n word of twee oor die nuwe Suid Afrika wil leer. Hy spring uit met minagtiging vir sy eie veiligheid en klap sy deur hard toe (ingeval ‘n ander taxi bestuurder die noodbaan as pad gebruik) en storm op die vier af wat in hul verligting ook op hom afstorm. Dis net daar en dan dat die bestuurder in die vier pare leë oogholtes kyk en ewe skielik vergeet hy van sy oorspronklike doelwit. Hy steek vas en sy skoene gly oor die gruis en hy slaan ‘n heel ander rigting in; sy gedagtes so leeg soos die skedels wat hy aanskou het. Die Ridders stop ook en kyk die arme man bevraagtekend agterna.

“Kom, my ou, ons moet ry!” sê Pestilensie in sy vriendelikste naels-oor-die-swartbord-stem.

“Ons gaan Rooiberg toe! In die Noord-Wes!” moedig Dood aan.

“Kan ons by ‘n padstal stop?” vra Hongersnood.

“Um.” voeg Oorlog by. “Ek dink nie hy gaan bestuur nie.”

Almal se oogholtes volg die man wat nou rustig ‘n pad deur die lang gras baan.

“Ek sal bestuur” se Dood.

via Nuus – Die Laate dag deur David Clatworthy.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment