Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Dertiende Kaart #eBoek

Afrikaanse eBoek

Die tarotmoordenaar. Dit is wat die koerante hom noem: ’n reeksmoordenaar in Bloemfontein wat by elke slagoffer ’n afbeelding van ’n tarotkaart sit. Die forensiese sielkundige Belia Bell word gevra om ’n profiel van die moordenaar op te stel. Sy is goed in haar werk. Méér as goed; elke saak sluk haar in, die soektog word ’n obsessie, en gewoonlik het sy ‘n aandeel aan die polisie se oorwinning wanneer hulle ’n moordenaar vastrek.

Maar hierdie keer is Belia aan die spartel. Die moordenaar bly haar telkens ’n stappie vooruit – en betrek haar boonop by sy speletjie. Hy is intelligent en kreatief; met elke slagoffer trek hy die net stywer om haar. Boonop karring haar vriend, Barry Stander, gedurig aan haar om ’n scoop vir sy koerantartikels. Hy is vasberade om na afloop van alles ’n boek te skryf wat sy status van gedrewe joernalis na suksesvolle outeur sal verhef.

En dan is daar kaptein Jack Butler, leier van die taakmag, ’n man wat so graag die moordenaar wil vastrek dat dit “soos ’n fisieke pyn is” (267). Jack is die een wat Belia vir die pos aanbeveel het, en al sou sy baie graag bloot van hom wou vergeet, lê hulle geskiedenis nog te pynlik na aan die oppervlak. Jack kon haar voorheen veilig laat voel; die drogbeelde wat saam met haar werk kom, verjaag. Hulle is beide bewus van die onderliggende spanning wanneer hulle saam werk. Maar Jack is nou getroud en enige emosie oor hom is verbode. “Emosie is te gevaarlik” (267), weet Belia. Emosie affekteer jou oordeelsvermoë. En dit kan Belia nie bekostig indien sy die spel teen die tarotmoordenaar wil wen nie.

Die 13de kaart is Madelein Rust se debuutroman. Ek sou die boek vanweë die omslag waarskynlik nie optel in ’n boekwinkel nie. Maar moenie dat die flou, misleidende omslag jou flous nie – die verhaal speel nie in ’n woud of tussen wit duiwe af nie. Bloemfontein is so Suid-Afrikaans soos kan kom en Rust span hierdie ruimte uiters goed in. Die omslag, waaroor die skrywer in elk geval geen seggenskap het nie, ter syde: Madelein Rust betree die misdaadskrywerskring met ’n sterk debuut, want Die 13e kaart is ’n flippen goeie misdaadroman. Dit is verfrissend om ’n sterk vroulike hoofkarakter te hê wat die moordtoneel en moordenaar uit ’n sielkundige perspektief benader. Belia Bell is volgens Jack ’n “donnerse Viking” wat haar werk soos ’n oorlog benader, maar ten spyte van die ysige uiterlike wat sy voor kollegas voorhou, is sy weerloos en broos wanneer dit by sake van die hart kom.

Madri Victor

via Nuus – Dertiende Kaart #eBoek.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment