Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Myself

Myself.

Ek moes net JakJakkels se gedig deel!

Kan ek eerlik wees en vir ʼn slag?
My mond oopmaak
Sê wat ek voel
Dat die kraan van waarheid kan droogloop?

Dalk is dit dan
Wat ek myself kan vat na daar waar gedagtes woorde word
En dit wat weggesteek word binne my,
vlerke kry

Kan ek verander?
Deur te vertel wat my tong nie wil sê nie,
Om nie ander kant toe te kyk nie,
As die lewe my tussen die oë tref nie

Hoekom is dit moeilik om alles te laat gaan
En te besef dis nie die laaste keer wat ek gaan val nie?

Wat sal dit beteken,
Om weer op te staan uit die besoedel
En my arms op te lig,
En myself te skild teen die onbekende wat daar buitekant prewel

Kan ek weer myself word
Teruggaan na die plek langs die pad Tussen hemel,
Tussen niks en nêrens
En anderkant my moeder,
My aarde

Daar waar ek verlore geraak het
Daar waar my voete optel en die pad aandurf
Die langpad
‘n Kronkelpad
Die moeilike pad,
Die regte pad

Kan ek dan nog omdraai?
En terugkyk en weet daar is ‘n uitweg
dat waar daar donker duisternis is,
Is daar ook lig

Lig wat my sal leer om nie skaam te wees nie
Dat dit nie nodig is om myself instinktief by mure uit te dryf nie,
En dat ek nie kritiserende woorde hoef op te eet nie
Eerder te mag vergeet dat die duiwel op my skouer sit en toekyk

Mag ek ophou vrae vra?
En dood-eenvoudig net aanvaar,
Dat dit wat my pad kruis bedoel is om te wees
Dat waar ek nou is, is waar die lewe my wil hê
Dat ek my asem nie hoef te mors nie
Dat tyd nie sy rug op my sal draai nie
Dat my drome nie in nagmerries sal verander nie
En realiteit, my identiteit, aan die son kant sal bly skyn

Kan dit so moeilik wees,
Om elke dag in die spieël te staar,
En steeds te wonder wie die vreemdeling is wat keer op keer terugkyk
Dat my oë kyk, staar, gefassineerd toesien, maar steeds bly ek blind
Hoekom sukkel ek om te besef
Dat die man in die refleksie ek is
En ek nog altyd die man in die refleksie ontken het

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment