Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

myafrikaans » Wipwa rit met Friksie

Alwyn Liebenberg is gekompliseerd. Enigmaties. Dit is vir hom onaanvaarbaar dat daar in hierdie land soveel mense is wat het, sonder om dit te verdien. Obsessief op soek na sy eie Nkandla beplan hy haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-pas. Hy besluit vooraf, wat ook al gebeur, hy sit nie sy voete in ’n tronk nie. Terselfdertyd is ’n komkommerkoel polisieman besig om landwyd opspraak te maak as die nuwe superspeurder van Nelspruit. Fritz Moolman, eenkant, vasbeslote, bittereinder en dodelik akkuraat met sy Z88. Hy aanvaar onder geen omstandighede die woord “onopgespoor” op ’n dossier nie. Alwyn se pa, Ulrich, word mettertyd meedoënloos meegesleur deur die gevolge van sy enigste seun se bisarre persepsie van regverdigheid, ’n pion in die mallemeule van Alwyn se surrealistiese denke. Ulrich is nie die enigste slagoffer nie, en vir elke aksie is daar volgens die natuurwette ’n reaksie. Hoe diep is ouerliefde? Hoe diep behoort dit wees?

via myafrikaans » Wipwa rit met Friksie.

 

Goodreads   Friksie by Henning J Van Vuuren   Reviews  Discussion  Bookclubs  Lists

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment