Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Maverickt Magistrate

Andrew Barlow se nuwe eBoek “Maverickt Magistrate” is binnekort beskibaar. Maverickt word gedefinieer as onafhanklik en om dit te koppel aan die amp van landdros klink soos ‘n kontradiksie. Word daar nie verwag van ‘n landdros om onafhanlik te wees nie?

Andrew Barlow sal in die eBoek die sluier ‘n lig oor wat die realiteit was om ‘n landdros te wees in Suid-Afrika.

Hiemee die inleiding van die eBoek:

“Dit is die verhaal van ‘n Afrikaner seun wat gedurende die oorlogsjare van die Tweede Wêreld Oorlog en vir ‘ paar jaar daarna groot geword het in die Natalse Middelande. Dit was ‘n Duitssprekende gemeenskap en weens die vyandigheid wat veroorsaak was deur die inval in Duitswes Afrika in 1914 was hy en die ander vier Afrikaans sprekende kinders by die skool geboelie en aangerand deur die groter seuns. Hy was die enigste een wat teruggeveg het en sy oorlog teen hulle het eers ten einde gekom toe hy in graad tien was.

Die weiering om geboelie te word was ‘n eienskap wat kenmerkend was lewenslank en wat veral tydens sy loopbaan na vore gekom het. Gedurende die jare wat hy as beide in die distriks- as streekhowe aanklaer was en later as landdros in die distriks- en streekhowe en op verskeie plekke oor die land was verskeie poghings aangewend om hom te boelie. Die pogings is geloods deur selfs die hoof van die Departement van Justisie en van die ander meer senior beamptes van die Departement om hulle te help of nie teen te gaan in verskeie korrupte praktyke. Hy het gevind dat hy die enigste landdros en later toe hy op die Departementele Inspektoraat was, die enigste inspekteur wat nie aan hulle eise voldoen het nie.

Dit het ‘n loopbaan van spanning en stres meegebring wat dikwels sy geestelike en emosionele vermoëns tot die uiterste toe beproef het. Hy moes al hierdie gebeure en struwelinge alleen hanteer, selfs sonder die bystand van sy eggenote.

Op ‘n paar geleenthede het hy vasgestel dat ten spyte van hulle openbare beelde as mense van onkreukbare integriteit selfs by hulle politieke teenstanders, hulle nie die toonbeelde van die einskappe was nie. Hulle was bloot politici wie se doel was om aan bewind te bly ten all koste en dat hulle ware karakters nie sonder letsels was nie. Sy ondervinding van die mense het nie openbaar bekend geword nie. Sou dit bekend geword het sou dit heel moontlik die toekoms van die land ingrypend kon beïnvloed het. Ongelukkig het die pers destyds of nie in die soort gebeure belangstel nie of meer waarskynlik was dit so geïntimideer dat hulle nie kon waag om die aangeleenthede bekend te maak nie.

Aangesien sy eie lewe onbetwisbaar was en hy altyd gesorg het dat sy optrede korrek was, kon die Departement nie daarin slaag om hom af te dank nie, ten spyte van verskeie pogings om dit te doen. In die verband moet in ag geneem word dat daar toe geen organisasie bestaan het wat enige beampte kon beskerm teen die arbitrêre gedrag van politici en senior beamptes van departemente nie.

Die verhaal van sy lewe en loopbaan klink soos ‘n denkbeeldige boek wat geskryf is deur ‘n skrywer van rillers op die geestelike en emosionele vlak. Elke bewering in die boek is egter waar.

Ek glo dat dit baie lig sal werp op wat agter die skerms gebeur het.

Andrew Barlow, Januarie 2013”

Joernaliste en ander belanghebbendes wat belangstel om ‘n resensie te doen oor die “Maverickt Magistrate” is welkom myAfrikaans te kontak by bestelling@myafrikaans.com.

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment