Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Man van staal of breekbare kruik? #eBoeke

http://myafrikaans.com/afrikaanse-eboeke/stefan-s.html

Uittreksel uit

Hoofstuk 20

Man van staal of breekbare kruik?

Elkeen van ons het waarskynlik ’n gunsteling Bybelgedeelte of ’n spesifieke gunsteling versie. So het ek. En ek wil hierdie boekie afsluit met verwysing na en bespreking van my gunsteling gedeelte wat in my lewe ’n groot rol gespeel het en steeds doen. ’n Gedeelte waaruit ek baie krag en bemoediging put.

“Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.” (2 Korintiërs 4:7-9).

“Jy moet sterk wees. Die wêreld en lewe is nie vir sissies nie. Dra jou las. Staan op en gaan aan. Moenie moed verloor nie. Alles sal regkom.” Dit is die goed bedoelde raad wat so baie vriende en medegelowiges ons gee as die sorge van die lewe of hartseer dreig om ons onder te kry. En ja, dit is in ’n mate waar. Ons moet opstaan en bly staan. Mense kan tog so maklik dink ons is kleingelowig as ons net bietjie af is en met ’n swaar hart en gemoed na môre kyk. Maar die werklikheid is dat ons net mense is wat tog maar so maklik buig en knak onder die druk van die lewe. Hoekom gebeur dit? Ons is dan tog diep gelowiges wat glo in God se almag en krag?

Die waarheid, sê die apostel Paulus, is dat ons almal kleipotte is wat maklik breek. Baie mense wil dit nie weet of hoor of verstaan nie. “Ek kon regop bly en aangaan, so dan kan jy mos ook! Ek is nie ’n swakkeling nie! Niks of niemand kry my onder nie!” Is dit altyd so eenvoudig? “Talk is cheap,” lui die Engelse spreekwoord. Dit is maklik om so te “spog”, maar is dit werklik so maklik om so te lewe? Is daar regtig mense wat met absolute oortuiging en in alle eerlikheid teenoor hulself kan sê: “Ek breek nie, ek het nog nooit geval nie, nog nooit geworstel nie, nog nooit met kommer gekyk na more nie”? Hou ons ons maar net sterk en braaf, of is ons werklik sterker as staal en nie eens bietjie van ’n breekbare kleipot nie?

Mag ek maar voorbarig wees en vir jou sê dat ek van mening is dat diegene wat so maklik praat, hulleself in alle waarskynlikheid probeer bluf. Geen mens is vanuit homself so sterk dat hy alle teenspoed sonder worsteling kan hanteer en dra nie. Die apostel Paulus sê sonder enige vertwyfeling vir elke gelowige – ja ook vir die oënskynlik sterk, macho mens – “Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek.”

via stefan s – Skrywers.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment