Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Maandblad Zuidafrika

As Suid-Afrikaner in Nederland het André Beukes aanvanklik gesukkel om Afrikaanse boeke in die hande te kry. Maar ’n Boer maak ’n plan. En nou kan almal daarvan meeprofiteer.

 

Hy het boeke uit Suid-Afrika bestel en baie groot geskrik vir hoe duur dit was, vertel André Beukes. ‘En dan is ’n mens ook nie altyd seker hoe gou dit by jou gaan uitkom nie.’ Hy het daar en dan besluit om ’n ander plan te maak. Met die hulp van ’n web-ontwikkelaar, Pieter Hatting, het André die e-boeke webwinkel My Afrikaans opgerig. ’n Kontrak met die Suid-Afrikaanse boekverspreider On the Dot het sy winkel toegang gegee tot verskillende Suid-Afrikaanse uitgewers se e-boeke in Epub- en PDF-formaat, Engels en Afrikaans. Die voordeel vir ’n Nederlandse koper om e-boeke by My Afrikaans te koop en nie direk by ʼn Suid-Afrikaanse aanlyn winkel nie, is dat jy met jou gewone bankpas via iDEAL kan betaal. Suid-Afrikaanse en Amerikaanse e-boekwinkels gebruik kredietkaarttransaksies. André sê hy het agter gekom baie Nederlanders is maar sku om met ’n kredietkaart te koop.

Wie koop die meeste boeke by hom? ‘Vlaminge’, sê André sonder huiwering. ‘Hulle wil graag die Afrikaans self lees en nie noodwendig ’n Nederlandse vertaling van die boek nie.’ Verder koop baie Suid-Afrikaners in die buiteland boeke by hom. Veral nostalgiese stories soos Trompie en Saartjie. ‘Moenie dink dit is boeke wat kinders koop nie, oud-Suid-Afrikaners koop die boeke om hulle te herinner aan tye van weleer’, sê hy laggend.

via Maandblad Zuidafrika.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

2 Comments

Leave a Comment