Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Maak jou droom waar om die internasionale handel te betree met 'n webwerf

‘n Webwerf is onontbeerlik indien jy ‘n eBoek of enige ander produk suksesvol wil bemark.

‘n Eie webwerf vir jou produk het die volgende voordele:

– Kredietwaardigheid, Kredietwaardigheid, Kredietwaardigheid,

– Kliënte en besigheidsvennote sal jou ernstiger opneem,

– Die eBoek, produk of diens sal gelys word deur Internet- soekmasjiene wat beteken jy word vinnig en maklik deur bestaande en nuwe kliënte gevind.

– Internasionale kliënte kom op jou voorstoep.

Die wegspringplek is om ‘n domeinnaam en diensverskaffer te vind. MyAfrikaans se dinamiese internasionale span kan jou sonder enige inspanning van jou kant af met beide behulpsaam saam wees. ‘n Gevatte, maklik vindbare domeinnaam is natuurlik ontsaglik belangrik in die sukses van jou webwerf. Baie mense dink dat al die beste domeinname al beset is maar dit is nie so nie! Kreatiwiteit moet aan die dag gele word met die keuse van ‘n domeinnaam. ‘n Kwaliteit domeinnaam is net so belangrik soos die “regte” adres is vir byvoorbeeld ‘n bekende advokate kantoor.

‘n Betroubare Internet-gasheer is ‘n moet want die webwerf moet 24 uur van die dag beskikbaar wees vir kliënte in alle wêrelddele.

Myafrikaans maak van uiters effektiewe en professionele web-gashere gebruik in Duitsland. MyAfrikaans het kantore in Rotterdam, Frankfurt en San Diego wat Afrikaanssprekendes bemagtig om die dinamiese internasionale Internet-tegnologie gemeenskap te betree.

Die wêreld ekonomie het die afgelope dekade oor geskakel van ‘n diensgedrewe ekonomie na ‘n kennis-ekonomie. Skaars kennis vloei oor die internetbane en word nie beheer deur doeanebeamptes of korrupte regeringsamptenare nie. Die internasionale mark is so naby soos jou naaste internet aansluiting. Met uitstekende aanlynbetalingsplatforms soos Paypal of Moneybookers is ‘n transaksie met die Oekraïne makliker as met die kafee op die hoek!

Die fasilitering van die ontwikkeling Afrikaanse eBoek sektor is een van myAfrikaans se primere doelwitte. Dit net nie meer geregverdig dat die Suid-Afrikaanse gebruiker aan die agterspeen moet suig as dit dinamiese eBoek tegnologie kom nie. Vir die eerste keer is daar in 2012 meer eBoeke in die VSA verkoop is gedrukte boeke! Net ter illustrasie hoe Suid-Afrika agter geraak het met internasionale neigings is dat daar maandeliks 27100 gebruikers in Nederland na die term “eBoeken” op Google soek.

MyAfrikaans fokus op vier hoof dienste:

– Om Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skrywers te bemagtig om self hul eBoeke te publiseer (selfpub),

– Bemarking van Suid-Afrikaanse eBoeke,

– Webwerf ontwikkeling en generering van web-verkeer,

– Bemagtiging van Suid-Afrikaanse entrepreneurs om die dinamiese mark van internasionale handel te betree.

Kontak ons vandag:  mail@myafrikaans.com

Image: FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment