Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Laurie en Frits Gaum: Praat Verby Grense – Johannes Comestor | #eBoeke

Kliek hier om die eBoek te koop!

Kliek hier om die eBoek te koop!

George verwys na wat Chris Jones en die Gaums oor gays te sê het. Hy verkwalik hulle omdat Bybelse begronding vir hulle argumente ontbreek. Hulle hoofregverdiging vir hulle nie-Bybelse standpunt is dat wat twee millennia gelede gegeld het nie sonder meer op die hede van toepassing gemaak kan word nie (SêNet 29 Mei). Die Jones/Gaums-standpunt is ‘n glybaan waarop baie religieuse en politieke dinge saam met die badwater uitgegooi word. George het veral Jones se standpunt belig. Ek bepaal my by die Gaums.

Ek het al na Laurie Gaum verwys (SêNet 27.03.2012), na aanleiding van George Claassen en Frits Gaum se boek, God? (2012): “By Laurie Gaum funksioneer die gayverskynsel soos ‘n ideologie wat alles deursuur. Hy verklaar openlik dat hy die Bybel ‘doelbewus vanuit die perspektief van my ervaring, en dan juis my gay-ervaring’ lees. Hy noem dit ”n bevrydingsteologiese keuse’ (p 191, 199). ‘Ek [is] gay gemaak … na die beeld van God … Ek gebruik ‘n teologiese begrip om met trots my seksuele identiteit te kommunikeer’ (p 194).”

Wat Laurie in daardie boek aan sy pa, Frits, meedeel, is feitlik woordeliks dieselfde as wat hy reeds in 2009 aan sy pa geskryf het, naamlik in: Praat Verby Grense, uit die e-posse van Laurie Gaum & Frits Gaum (Kaapstad: Umuzi, 2010, 111p). Die outeurs se doel is om veral by die Bybel “verby te kom” (p 24, 58). Dit is immers twee predikante wat gedagtes uitruil. Die teks word aangebied as ‘n gesprek per e-pos tussen vader en seun. Die boek is eintlik ‘n poging enersyds om aan Laurie die geleentheid te gee om sy leefwyse te regverdig en andersyds om Frits die kans te bied om groter begrip vir gays te wek. Die seun word nie as ‘n verlore seun voorgestel nie. Hy word nie verwyt omdat hy nie, soos sy broer, ‘n kleinkind vir Frits verwek nie. Dit is veel eerder die pa as die seun wat in die beskuldigdebank staan; ook “die kerk” aan wie die boek opgedra word (p 5). Frits verklaar (trots) dat Laurie as predikant “die gay kwessie soos niemand anders nie, op die tafel geplaas het” (p 38).

via Laurie en Frits Gaum: Praat Verby Grense – Johannes Comestor | LitNet.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment