Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Kryt en Kordaat

Die Afrikaanse eBoek, Kryt en Kordaat is die verhaal van ’n Afrikaanse seun en ’n Boesmanseun in die 1930’s.

Kryt is vir agt jaar alleenkind op hul plaas Halt in die Kalahari. Een koue wintersoggend verskyn die Boesmanseun en sy pa op Halt op soek na werk. Kryt sien dadelik die seun se fier en trotse houding, doop hom “Kordaat” en is bly dat hy uiteindelik ’n maat het. Kryt en Kordaat word egter meer as maats – as boesemvriende deurkruis hulle die uitgestrekte Kalahari op hul perde.

Kryt leer Kordaat somme maak met tsammapitte. Kordaat leer Kryt die geheimenisse van die Kalahari en sy diere. Saam beleef hul vele – en soms lewensbedreigende – avonture. Die pyl in Slagtand Smit se binnebeen wat sy lang leiding en uiteindelike dood veroorsaak het, bly egter ’n skaduwee wat hul vir altyd sal volg.

Pieter Greeff debuteer op tagtigjarige ouderdom met Kryt en Kordaat. Hy het grootgeword in die destydse Suidwes-Afrika en het daar die pos beklee as die hoof van Justisie. Hy is later streeklanddros in Suid-Afrika tot en met sy aftrede. Hy en sy vrou Christa woon nou in hul huisie by die see in Klein-Brak. Greeff het vier kinders en dien nog op verskeie rade. Onder andere is hy die provinsiale leier van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika.

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te koop teen 50% korting!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment