Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

JIP Webblad – Die Vampiere van Londen

http://myafrikaans.com/die-vampiere-van-londen.html

Koop die eBoek hier! 

Gedink vampiere bestaan net in flieks en storieboeke? Nadat jy Francois Bloemhoff se agste riller in sy jeugboekreeks, Die Vampiere van Londen, gelees het, sal jy anders dink.

Die storie gaan oor Ken en sy gesin wat met vakansie is in Londen, terwyl sy pa daar is vir moontlike werk te, maar wat hulle in dié stad ervaar is alles behalwe ’n lekker ontspannende vakansie. Snaakse mense kom oor Ken en sy gesin se pad, van ’n kaalvoetmeisie tot mnr. Ratcliff, wat moontlik vir Ken se pa ’n werk het.

Die storie word in die derde persoon vertel, wat die leser ’n goeie oorsig van al die karakters gee. Die storielyn het ook ’n lekker vinnige pas en hou lesers op die punt van hul stoele. Vir my is ’n goeie storie een wat ’n kinkel in die kabel het, iets wat die lesers nooit sou kon raai nie, en dis presies wat Francois Bloemhof met die boek gedoen het!

Hy slaag goed daarin om sy lesers op ’n virtuele toer deur Londen te neem. Dis duidelik dat hy baie navorsing gedoen het oor die omgewing, wat die storie net meer geloofwaardig maak. Hoewel ek die boek vir lesers tussen die ouderdomme van 12 en 14 aanbeveel, het ek as 17 jarige dit vreeslik geniet om die boek te lees, juis oor die feit dat die storie baie lekker vloei.

via JIP Webblad – Die Vampiere van Londen.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment