Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Is Suid-Afrika ryker as ooit?

Deur Mike Schüssler, Sake-siening

Suid-Afrika is ryker as ooit, maar ons verswakking is relatief tot ander, wat vinniger ryker geword het. Dit is belangrik vir beleggingsbesluite en ook vir ons namate ons plek op die wêreldorde verswak.

VAN ONDER AF VERG DIT BAIE HARDE WERK OM ’N EKONOMIE TE BOU, EN DIT IS MOEILIKER OM DIE SPORTSTERRE, WETENSKAPLIKES EN SAKEBEGINNERS TE HOU. AKADEMICI GAAN ELDERS EN BELOWENDE STUDENTE VERLAAT DIE LAND.

Die grootte van die totale ekonomie, wat ons ’n sekere status en krag gee, krimp ook. In 1994 was Suid-Afrika die 25 grootste ekonomie ter wêreld. In 2014 was ons 33ste, en daar is ’n moontlikheid dat Denemarke, Maleisië en Singapoer ons gaan verbygesteek.

As ons swak groeiprestasie voortduur, sal ons nie meer in die top-40 wees nie, wat ernstig is. Groot maatskappye kyk slegs na die top-markte om in te belê en handel te dryf. Die val van die rand versnel die verswakking op die rangorde.

Oor die algemeen is sulke dalings nie skielik nie, maar hulle word gesien. Nie net val ons van die beleggingsradar af nie, maar ook, wat invloed betref, van die politieke radar.

Van onder af verg dit baie harde werk om ’n ekonomie te bou, en dit is moeiliker om die sportsterre, wetenskaplikes en sakebeginners te hou. Akademici gaan elders en belowende studente verlaat die land.

Een ná die ander top-firma gaan soek geleenthede elders. Ons 60 top-maatskappye kry nou 70% van hul omset van buite die land se grense. Trouens, baie het die land verlaat. Klein sake-ondernemings wil ook weet of dit beter elders gaan en vra hoe sake in Angola en Australië lyk.

Op die oomblik baklei ons volgens die meeste wêreldstandaarde oor krummels. Ons word nie eens by die hooftafel bedien nie. Die stoel word onder ons uitgetrek deur massa-histerie wat ons by tafels laat aansit met minder welvaart en geleenthede om te deel. Boonop is ons leierskap sowel polities as ekonomies nie duidelik waarneembaar nie.

lees volle artikel

Contact me

Contact me

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment