Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

In ritme met God (eBoek)

Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld verander elke dag – God is die enigste standvastige baken.

Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou lewe. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.

IN RITME MET GOD begin met ’n soeke na wie ons drie-enige God is, en daarna kyk Heinz na wie Jesus en Paulus gesê het jy is. Daaruit vloei die soeke na elke mens se roeping binne die koninkryk voort. Die boek sluit af met ʼn praktiese uitdaging en inspirerende gebed aan die einde van elke hoofstuk.

IN RITME MET GOD is Heinz se persoonlike getuienis van hoe God hom gelei het tot waar hy vandag is. Hy wil ander inspireer en aanmoedig om hul soeke na God ook hul eerste prioriteit te maak. Die boek word afgerond met twee liedjies, spesiaal geskryf vir die vrystelling van hierdie boek, wat gratis afgelaai kan word vanaf www.cumuitgewers.co.za.

via In ritme met God (eBoek).

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment