Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Hoopvol – eBoeke

eBoeke

Hierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa. ’n Regte pa. _x000D_ _x000D_ “Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. “Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op ’n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?” _x000D_ _x000D_ Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. “Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe.”_x000D_ _x000D_ Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ’n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ’n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ’n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.

via Hoopvol – eBoeke.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment