Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Hoe verstaan ons GOD!

Izak de Villiers het in sy laaste boek geskryf oor sy geliefde Psalms.

“Tussen Jerusalem en Jerigo
O God, u weë is heilig.
Is daar enige god so magtig soos U?
U is die God wat wonders doen!
~ Psalm 77:14-15 ~
Loop God op ‘n pad? Sê van een sonnestelsel na ‘n ander? Is daar
‘n sterreweg vir sy voete? Is die Melkweg soos die kindergediggie
gesê het die mooiste hemelstraat? Alles mooi beelde, alles metafore,
alles menslik gedink, maar nee, God loop nie tussen
Jerusalem en Jerigo nie.
Hy is nie aan paaie gebind nie. Hy is immers oral. Sy weë is sy
onbegryplike beplanning, sy andersheid, sy diepte van wat ons
gedagtes noem. Ons kan soos studente destyds met baarde
laatnag sit en redeneer oor God, en dan nog niks weet nie en
nog niks verstaan nie en nie een verstaan dat ons nie kán verstaan
nie.
God se weë is heilig, onaanraakbaar, onverklaarbaar. Maar
Jesus, sy Seun, sy menslike gestalte, het saam met ons kom loop!
Van Jerusalem na Jerigo en terug. Hy stap met ons saam. Tree vir
tree. Of ek dit kan verklaar? Nee. God se manier, sy weë, is heilig.”

Izak se eBoeke

Free images from FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

2 Comments

Leave a Comment