Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Formidabele Vroue

Foto: Inge Prins, SARIE

Hierdie naweek word die sterk, formidabele vroue wat ‘n bepalende invloed gehad het op Afrikaans en Afrikaanswees gevier met Afrikaanse eBoeke

Drie Afrikaanse eBoeke deur of oor die sterk, formidabele vroue word tydelik met 50% korting aangebied.

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het ‘n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ‘n sprokie, in 1992 ‘n blitsverkoper en ‘n literêre sensasie word. Die boek is bekroon met drie van die mees gesogte literêre pryse in Suid-Afrika: die M-Net, die ATKV en die Eugène Marais. Sedertdien het sy ‘n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met ‘n tiental romans, ‘n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen, asook ‘n internasionale studiebeurs van die SA Stigting vir Skeppende Kunste, en in 1997 is sy genooi om deel te neem aan die bekende International Writers Program van die Universiteit van Iowa in die VSA. Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf ‘n sprokie in sowat ‘n dosyn tale gepubliseer is. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon in ‘n ou kliphuis in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain, en hulle vier kinders.

Oorsig oor die Afrikaanse eBoek, Dis koue kos, skat:

Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar  vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eens ’n eier kan kook nie! Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar suster en aan vriendinne. So ontstaan ’n aangrypende dog ook humoristiese beeld van ’n groeiproses, van die aanvanklike woede tot by aanvaarding, van die koestering van wraak tot die uiteindelike gewaarwording dat sy van haar eks-man verlos is. In korrespondensie wat oor ’n dekade geskryf is, ontvou die verhaal van ’n vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, terwyl daar ’n wond in die siel is wat net besweer kan word deur tyd en die insig wat jy in jouself kry. Dis koue kos, skat is ’n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.

Kliek  hier om die Afrikaanse eBoek Dis koue kos, skat te koop.

 

Lizette Rabe wat self ‘n baanbreker joernalis en ‘n formidabele vrou is, het ‘n aktuele Afrikaanse eBoek geskryf oor Rykie van Reenen.

Rykie van Reenen se tydgenote het haar al beskryf as een van die beste Afrikaanse joernaliste van die 20ste eeu In 1945 tree sy as joernalis in diens by Die Burger en word daar ‘n baanbreker vir die vrou (en veral die Afrikaanssprekende vrou) in die joernalistiek. Alhoewel sy aanvanklik haar beperk het tot vrouesake, het sy mettertyd politieke en sosiale kommentaar gelewer. Veral deur haar bydraes tot die rubriek Van Alle Kante (waar sy in die voetspore van C.J. Langenhoven gestaan het) het sy bekendheid verwerf. In 1965 aanvaar sy ‘n betrekking by die Johannesburgse Afrikaanse dagblad Beeld. Haar rubriek Randakker verskyn in Beeld en later in die Sondagblad Rapport. ‘n Keur uit haar rubrieke is in 1980 gepubliseer onder die titel Op die Randakker. Tydens die Jom Kippoer-oorlog in 1967 maak sy naam as oorlogskorrespondent. Nasionale Pers se direksie bevorder haar tot assistent-redakteur van Rapport en word so die eerste vrou in die land in die joernalistiek in so ‘n hoë pos.

 Kliek hier om die Afrikaanse eBoek oor Rykie van Reenen deur Lizette Rabe te koop.

Jeannette Helena Goosen is op 13 Julie 1938 in Parow, Kaapstad gebore. Sy bring haar kinderjare in Parow deur. Sy ontvang haar skoolpleiding aan die Hoërskool Parow en studeer daarna aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is in ‘n paramediese rigting as radiografis opgelei en het ook drama bestudeer. Sy het ‘n verskeidenheid beroepe beoefen, naamlik radiografie, boer, visser en het na 16 jaar in die joernalistiek by die Afrikaanse dagblaaie, Oggendblad, Hoofstad en Transvaler, bedank om voltyds skrywer te word. Jeanne se passie in die lewe is die biologie en suiwer wetenskappe, asook musiek.

Afrikaanse eBoek, Ons is nie almal so nie:

Wat het ’n mooi Afrikanervrou in die 1950’s gedoen as die lewe begin druk? As haar man ’n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met ’n asmapompie en haar pa ’n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien?

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek  “Ons is nie almal so nie” te koop!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment