Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

eBoeke oplossing vir ouer lesers

Navorsing  van die Johannes Gutenberg Universiteit dui daarop dat lesers al hoe meer gewoond raak om op rekenaars, e-lesers en tablet-rekenaars eBoeke te lees.

Ouer lesers dui aan dat tablet-rekenaars die medium is waarop hulle die beste leeservaring het,as gevolg van leesbaarheid van die teks. Die grootdrukafdeling van ‘n biblioteek was nog altyd gewild onder ouer lesers maar nou kan lesers self die grote en die lettertipe van die teks op ‘n tablet-rekenaar kies. Vir lesers met spesifieke sigafwykings is daar self ‘n keuse van wit teks op ‘n swart agtergrond. Die tyd is verby waar lesers met ‘n sigbeperking met ‘n vergrootglas probeer lees sedert die koms van eBoeke.

Die navorsing het gefokus op ‘n ondersoekgroep van 21 ouer volwassenes van die ouderdom van 60-77. Die bevindings dui aan dat die ondersoekgroep teks die vinnigste lees op ‘n tablet-rekenaar, gevolg deur papier en laastens op ‘n e-leser. Die ondersoekgroep het 28 sekondes geneem om ‘n voorgeskrewe teks op ‘n e-leser te lees en 26.5 sekondes op papier maar slegs 24 sekondes op ‘n tablet-rekenaar.

Daar is bevind dat dit die agtergrondbeligting (backlight) is wat tablet-rekenaars so funksioneel maak vir swaksiende lesers. Lesers kan die helderheid aanpas en die teks staan ook meer uit omdat die kontras verstel kan word. Wat ook interessant was is dat die studie aangetoon het dat die subjektiewe evaluasie van die lesers oor hul leeservaring geskei moet word van die neurologiese en kognitiewe inspanning om die teks te lees. Subjektief dui lesers aan dat hulle ‘n gedrukte boek verkies terwyl neurologiese en kognitiewe navorsing aandui dat om ‘n eBoek te lees nie meer inspanning verg as om ‘n gedrukte boek te lees nie.

Luister na die potgooi!

#eBoeke

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment