Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

eBoeke oor Engele

Afrikaanse eBoeke oor Engele

 

Het jy al ’n engel gesien? Of die teenwoordigheid van een vermoed?

Lees wat skryf Hennie van Coller in die Volksblad

Het jy al ’n engel gesien? Of die teenwoordigheid van een vermoed?

In die letterkunde is engele ’n gewilde onderwerp. Watter Afrikaanse leser sal nie Elisabeth Eybers se gedig “Maria” se openingsreëls (“’n Engel het dit self gebring,/die vreugde-boodskap …” of Breyten Breytenbach se versreëls: “my liefde moet soos ’n engel by jou bly;/soos vlerke, wit soos ’n engel”) ken nie?

In die Sewentiende eeuse letterkunde word die engele, spesifiek die gerubs om God se troon, dikwels beskrywe as magtig en sterk, met reuse-vlerke. Die aartsengel, Migael, is ook iemand wat as gesagsfiguur vrees inboesem, ’n vreeslose vegter. Soms is die uitbeelding van engele anders en lyk hulle op skilderye soos ietwat petieterige, geslagslose figure.

In een van Etienne van Heerden se romans word ’n engel beskrywe wat ’n goeie voorbeeld is van die devaluasie wat ook die lot was van hierdie hemelse wesens. Sy engel is redelik pateties met gehawende vlerke wat boonop vol luise is, wat hy dan geduldig én behendig doodknyp.

’n Mens hoor of lees soms verbasende stories van engele. Mense vertel van ’n gedaante wat onverklaarbaar langs hul hospitaalbed verskyn het, of van ’n geheimsinnige vrou wat skielik saam in die motor gery het. Partykeer is hierdie engele se gedrag vreemd en eintlik daarop gemik om die teenwoordiges van raad te bedien of hulle te waarsku. Stories oor beskermengele is volop.

As ’n mens ‘n klomp teoloë behoorlik wil ontstem, moet jy hulle takel oor engele: Is daar manlike én vroulike engele? Of is hulle geslagloos? Is daar so iets soos “nasionale engele” wat beperk is tot ’n bepaalde land of volk? Hoeveel engele kan daar dans op die punt van ’n naald? Het alle engele vlerke? Is daar ’n hiërargie of rangorde onder engele? En bestaan hulle werklik? Eers ná ’n uur kom hulle uit by Lucifer, die gevalle engel.

Ek het geen twyfel dat engele bestaan nie, maar dan bedoel ek mense wat op gegewe tye in jou lewe optree, soos ’n mens van ’n engel kan verwag. Soms bring hulle vir jou ’n boodskap wat jou hele lewe kan omkeer, soms maan hulle jou tot gehoorsaamheid, partykeer beskerm hulle jou of onderskraag hulle jou met empatie sonder einde.

In die oliekrisis, November 1973, was ek en my vrou vir die eerste keer in Nederland.

Ons woonplek was ’n sogenaamde “bungalopark”, De Egelshoek in Hollandsche Rading, ’n vakansie-oord met klein rondaweltjies en karavane. Weens die prys van olie het ons verwarmer se pitjie laag gebrand; dit was selfs binneshuis bitter koud.

My beskeie beurs het nie voorsiening gemaak vir luukses nie en daar was maar min om ons daagliks op te vrolik, net die warm sjokolademelk wat ons bank in Hilversum, so ’n 20 kilometer van ons verblyfplek, gratis voorgesit het aan klante. As die kondukteur tydens ons rit van en na Hilversum nie ons kaartjie geknip het nie, het ons die middag weer daar ’n draai gemaak omwille die vertroosting van die warm drankie.

Op ’n dag vroeg op ’n yskoue Januariedag, nadat die maandelikse huur boonop gestyg het, sit ons moedeloos by (eintlik óp) die gasverwarmer. Toe stap ’n baie onwaarskynlike engel die deur in. Dit was ’n jongman van die plaaslike “gemeente” (munisipaliteit) van Maartensdijk wat ons woonvergunning moes kontroleer. Toe hy ons omstandighede sien, het hy dadelik ’n “urgentieverklaring” ingedien by die universiteit in Utrecht waar ek gestudeer het.

As mense met ’n “dringende noodsaak” het ons die volgende week reeds verblyf gekry in die studentewoonstelle, waar ons die volgende twee jaar ook gebly het. Teen ’n appel en ei, met die grootste luukse wat ’n mens jou kan voorstel: sentrale verwarming (ook in die badkamer en toilet!) en ’n stroom vuurwarm water uit die stortkraan.

 

Afrikaanse eBoeke: Engele – ware verhale

Robert J Morgan, Struik Christian Media Afrikaanse eBoek, Gewone prys: R95.50 myAfrikaans prys: R 50.40.

Daar is baie wanopvattings oor engele, en tog bevat die Bybel duidelike inligting oor hul doel en die rol wat hulle speel. In hierdie omvattende gids leer Robert Morgan ons dat engele wel bestaan en ’n aktiewe rol speel in die mensdom se belange   

Kyk ook na die Afrikaanse eBoek van Piet Schoombie: Engele en Rowers

Die Afrikaans eBoek bevat onder andere twee Kersverhale, twee Paasverhale en ’n Pinksterverhaal. Verder is daar verhale van ’n gyselaarsdrama, ’n perlemoenstropery, ’n stem uit die graf, ’n misterie van ’n vrou by die see en ’n tipiese rooftog van die moderne tyd. Die leser ook voorgestel aan hedendaagse engele wat ’n deurmekaar en bose wêreld draagliker maak. Voorwaar ’n potpourri van verhale en artikels wat heerlike spanning en ontspanning aan die leser kan bied.

Kliek hier om die Afrikaanse eBoeke van Piet Schoombie te koop!

Koop die Afrikaanse eBoek: Engele – ware verhale hier!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment