Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

eBoeke in Suid-Afrika

eBoeke sal waarskynlik in Afrika ‘n unieke ontwikkelingskontinuum toon, as in die Westerse lande. Selfone is die sleutel om eBoeke toeganklik te maak vir elke sterfling in Afrika, selfs al bly hy in Timbuktu. Om eBoeke op selfone beskikbaar te maak is ‘n amper onontginde mark in Afrika. Noudat die mark vir luitone en speletjies versadig word, kan eBoeke ‘n nuwe mark wees vir selfoonoperateurs.

By die pas afgelope Frankfurt-boekskou het ‘n paneel gekyk na die potensiaal van eBoeke in Afrika. Ben Williams, die stigter van die Suid-Afrikaanse digitale uitgewer Avusa Digital Books: ‘n eBoek platform vir Afrika, is van mening dat die mobiele bankdiens M-PESA as een van die mees gesofistikeerde dankdienste ‘n ideale platform is vir die verspreiding van eBoeke in Afrika.

Txtr ‘n Duitse eBoek ontwikkelaar, het ‘n nuwe spotgoedkoop e-leser, die Beagle by die Frankfurt-boekskou bekend gestel wat waarskynlik groot potensiaal in Suid-Afrika het. Hierdie e-leser ontvang eBoeke vanaf jou selfoon. Selfoonoperateurs in Europa beplan om die e-leser te subsidieer en beskikbaar te stel vir so min as 10 euro. Hierdie e-leser se skerm is 5 duim breed, 5 mm dik, en maak van e-ink gebruik. Wat verbasend is, is dat ‘n leser tot twee jaar kan lees met standaard AAA batterye. Hierdie e-leser het nie ‘n raakskerm of Wifi nie, maar beskik wel oor Bluetooth waarmee jy in ‘n japtrap eBoeke van jou Android-foon kan aflaai op die e-leser. Die Beagle het ‘n 4 MB stoorkapasitiet vir eBoeke en weeg slegs 128 gram. Baie lesers geniet reeds die gerief om eBoeke op hul Android slimfoon te lees.

via Nuus – eBoeke in Suid-Afrika.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment