Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

eBoek oor die Zulu Kryger

The Zulu Warrior. Soos dikwel die geval is, is daar wanoppvattings oor die Zoeloes, die geskiedenis van daardie tyd en dus die houding van mense en selfs die van ernstige geskiedkundiges oor die mense en die gebeure. In hierdie boek is die geskiedenis getrou weergegee. Die relaas wentel om die denkbeeldige ervaring van een Zoeloe kryger vanaf die tyd toe hy ‘n seun van vyftien jaar oud tydens die regering van Shaka was totdat hy ‘n ou man tydens die heerskappy van die Zoeloe koning Cetewayo was.

.

Min bekende gebeure tydens die regering van Shaka word behandel. Waar Shaka as ‘n Afrika Napoleon beskou word, word die juiste posisie duidelik gemaak en is dit sonder twyfel dat hy ‘n bekwame krygsman was maar dat hy ‘n volslae psigopaat was. ‘n Interessante aspek is dat hy reeds toe metodes ontwerp het om witmense in ‘n oorlog te verslaan – metodes wat nie deur Dingane gevolg was nie. ‘n Ander siening van die traktaat tussen Dingane en Piet Retief word behandel en die slag van Bloedrivier word uit ‘n ander oogpunt benader – soos die Zoeloes dit ervaar het. Die gebeure word geweef om die lewe van die kryger wat die naam van die “Die Wellustige” deur Shaka gegee was weens ‘n insident in ‘n geveg. Die geheel en al ineenstorting van die Zoeloe kewenswyse en hoe dit die gesinslewe vernietig het en die gevolglike emosionele trauma vir die Zoeloes word in die lewe van die kryger uitgebeeld. Dit is ‘n verhaal van die geskiedenis van Die Zoeloes van daardie tyd, maar die stormagtige lewe en die verwoesting daarvan van die kryger en sy lewe en sy uiteindelike huwelik met ‘n meisie wat ‘n gevange was in Dingaan se isigodlo senkosi (harem) Hoe die meisie wat geen familie meer gehad het nadat haar mense uitgewis was nie, deur die kryger met ‘n slim plan na sy ouers kon neem en uiteindelike met haar kon trou. Maar hoe sy by sy ouers gebly het al kon sy later na hom by sy militêre kraal gaan omdat sy nie die oumense alleen wou laat nie. Hoe hy later na die Slag van Bloedrivier na haar en sy ouers kon gaan, moeg van oorlog en swak regeerders

.

Kliek op die afbeelding om die eBoek te koop!

Google


//

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment